20 jaar
20 jaar

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 13 Oktober 2003

- Windhoek is die vinnigste groeiende stad in Namibië met ’n jaarlikse bevolkingsaanwas van 4,5 persent wat ver agter die ekonomiese groei van minder as drie persent is.

- Hy onthou die arrogansie en beledigings van die verlede met bordjies van “slegs blankes” en “slegs swartes.”

- Bankwese in Namibië het die afgelope naweek ’n nuwe era betree, nadat Nedbank met ’n transaksie van N$230 miljoen hul aandeelhouding in Commercial Bank of Namibia (CBON) van 47,3% na 93,26% verhoog het.

Dinsdag 14 Oktober 2003

- Namibiërs het vanoggend ’n rede om te glimlag: brandstof word vanaand om middernag 20 sent per liter goedkoper en dit sal inflasie met sowat ’n halfpersent verminder.

- Minstens twintig voorskoolse kinders is gister erg getraumatiseer en twee onderwyseresse is aangerand terwyl gewapende mans ’n rooftog by ’n kleuterskool uitgevoer het.

- Die agtjarige Namutenya Hamukoto, een van minstens drie kinders in Namibië wat aan die gevreesde siekte Noma ly, het pas van Duitsland teruggekeer waar dokters vir haar ’n nuwe gesig gegee het.

Woensdag 15 Oktober 2003

- Veertien splinternuwe Ford-bakkies is op Walvisbaai in stukke gesny en as skroot na Amerika teruggestuur toe rolprentmakers ’n malle, laaste draai in die Mad Max-reeks in Namibië gegooi het.

- Die Vleisraad het gister nog die sleutel gehou tot die geheimenisse van hoe die regering vanaf 1 November daarin gaan slaag om die grens vir op-die-hoef-uitvoere van lewendehawe te sluit.

- Die sterk vertoning van die rand teenoor die Amerikaanse dollar en die negatiewe invloed daarvan op uitvoerverdienste het tot dusver nie sy kop in die Namibiese tekstielbedryf uitgesteek nie.

Donderdag 16 Oktober 2003

- Nog ’n tussenverkiesing gaan binne die volgende drie maande op hande wees met die aanstelling van die goewerneur van die Otjozondjupastreek, me. Grace Uushona, as Namibië se nuwe ambassadeur in Kuba.

- Die politieke stryd binne die DTA met sy Nudo-afvalliges is besig om voor die naweek se Herero-saamtrek op Otjinene kookpunt te bereik.

- Landbou in Namibië staar ’n ernstige krisis in die gesig weens die steeds groeiende skuldlas van boere, drastiese afname in kuddes landwyd en die geweldige effek van die sterk Namibiese geldeenheid.

Vrydag 17 Oktober 2003

- Misdaad begin nou die uiterste van vreemde vorms aanneem, veral in Windhoek se suidelike woongebiede.

- Die regering, met sy sterk politieke verbintenis en ondersteuning aan Ramatex, is gister in die beskuldigdebank geplaas vir die onopgeloste konflikte en spanning by die multimiljoen-tekstielaanleg.

- Gunstige ekonomiese verwikkelings het gister gesorg dat die Bank of Namibia (BoN) sy repokoers met 150 basispunte verlaag het en die laagste uitleenkoers in die geskiedenis van die land se sentrale bank aangekondig het.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!