20 jaar gelede
Maandag 20 Oktober 2003
- Met ’n stabiele bron marsbankers wat op meer as ’n miljoen ton beraam word, het die kabinet aangekondig dat die totale marsbankerkwota vir aanstaande jaar op 350 000 ton vasgestel word.
- Die winde van verandering het dié naweek weer met stormsterkte in die geledere van die DTA en Nudo gewaai toe ’n geslote vergadering deur die Herero-leierskap op Otjinene gehou is.
- Die mees verreikende hervorming aan die kriminele regstelsel in die land sedert onafhanklikwording, is voor die deur met ’n voorgestelde wetsontwerp op kriminele prosedure wat eersdaags in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê sal word.
Dinsdag 21 Oktober 2003
- Die lot van ’n Namibiese vlieënier en sy ligte vliegtuig wat die afgelope 15 dae in Angola vasgekeer is, gaan nou op ministriële vlak tussen Namibië en sy noordelike buurland opgeneem word.
- Die DTA van Namibië se sekretaris van die jeugliga, mnr. Joseph Kauandenge, gaan nog vandeesweek uit die party bedank en hom agter opperhoof Kuaima Riruako se Nudo skaar.
- ’n Tiende persoon van die verhoorafwagtende Caprivi-afstigters het verlede week gesterf.
- Gefrustreerde studente aan die Universiteit van Namibië wat nie hul grade of diploma in ontvangs kan neem omdat hulle nie oor identiteitsdokumente beskik nie, sal maar daarmee verlief moet neem.
Woensdag 22 Oktober 2003
- ’n Skandaal is besig om in die kantoor van die Ontvanger van Inkomste te ontvou nadat tjeks van etlike duisende dollars aan ’n sakepersoon in Suid-Afrika oënskynlik sonder rede uitbetaal is.
- Die Namibiese ekonomie het in tien jaar minder as 30 000 nuwe werksgeleenthede verskaf, terwyl dramatiese afnames in sekere sektore ondervind is en die land se getal werkloses meer as verdubbel het.
- Twee mans verskyn vandag in die hof in verband met die aanval op die rugbyskeidsregter, Johan Tredoux, ná die wedstryd tussen Atlantis van Walvisbaai en Western Suburbs op Saterdag 13 September vanjaar.
Donderdag 23 Oktober 2003
- Die minister van binnelandse sake, mnr. Jerry Ekandjo, is tot orde geroep en na die onderhandelingstafel gedwing oor sy plan om van die funksies van immigrasiebeamptes na die polisie oor te skuif.
- Namibië word as een van drie lande uitgesonder wat by die agterdeur ingekom het en nou medikasie oor die internet in Amerika verkoop.
- Voornemende huiseienaars in Namibië gaan binnekort nog ’n geldelike hupstoot kry wanneer die nodige wetswysiging deurgevoer word en oordragskoste op eiendom drasties verlaag word.
Vrydag 24 Oktober 2003
- Die Namibiese regering het enige aandadigheid ten sterkste ontken in die sluipmoord op ’n politieke aktivis in die noorde van die land en die geheimsinnige verdwyning van sy kollega.
- Meer as ’n derde van die Universiteit van Namibië se voltydse studente sal nié vir eindeksamens toegelaat word nie, mits hulle hul rekeninge vereffen.
- Alle parlementslede, ongeag van watter politieke party, sal voortaan daarop geregtig wees om met diplomatieke paspoorte uitgereik te word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie