No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 27 Oktober 2003

- Aansienlike skade is Vrydagoggend kort na dagbreek aangerig toe ’n bekende Chinese restaurant, die Beijing Paradise, in Klein-Windhoek letterlik in puin gelê is.

- Die stof rondom die onwettige besetting van die Trotsky-tehuis deur Oosterlinge, wat by Ramatex werksaam is, het gister gaan lê toe die werkers uit die kompleks getrek het.

- Grootfontein het gister ’n rustige Sondagnamiddag beleef op die vooraand van die geskiedkundige verhoor van 122 vermeende Caprivi-afstigters wat vandag op die dorp moet begin.

Dinsdag 28 Oktober 2003

- ’n Plaaslike handelsbank het in die sop beland nadat ’n gekruisde tjek van die ontvanger van inkomste wat verlede jaar gesteel is, oor die toonbank gewissel is en iemand sodoende met meer as N$36 000 weggestap het.

- ’n Regstegniese geskil het gister die Caprivi-hoogverraadverhoor tydelik in sy spore gestuit nog voor dit uit die blokke kon kom.

- Namibië, met sy strategiese ligging, is in die visier van Duitse beleggers wat tans die land besoek.

Woensdag 29 Oktober 2003

- Die vonke het gister gespat toe die staat sy eerste getuie geroep het in die Caprivi-hoogverraadverhoor.

- Die minister van finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, kom môre voor haar grootste politieke toets tot op hede te staan wanneer sy haar bykomende begroting vir 2003/’04 in die Nasionale Vergadering ter tafel lê.

- Swapo het gister in die beskuldigde bank gestaan oor arbeidsake toe een van sy sake-arms, Namib Contract Haulage (NCH), geweier het om met afgedankte werkers te onderhandel en dié pedalje vanoggend ’n nadraai in die hof het.

Donderdag 30 Oktober 2003

- Die oudste eg Namibiese handelsbank, Bank Windhoek, het gisteraand ’n nuwe baadjie aangetrek en sy 21ste verjaarsdag herdenk met die bekendstelling van ’n nuwe handelsmerk en slagspreuk.

- ’n Besluit oor ’n lewegewende operasie vir ’n siek reus van die Namib, Rössing Uraan, is tot in die tweede helfte van aanstaande jaar uitgestel.

- Die regering het boere in duidelike taal laat verstaan dat die onwilligheid van blankes om nasionale versoening na te streef en onbenullighede deur kommersiële boere om grondhervorming in die wiele te ry, Namibië op ’n Zimbabwe-grondbeleid laat afstuur.

Vrydag 31 Oktober 2003

- Die sterk vertoning van die Suid-Afrikaanse rand teenoor die Amerikaanse geldeenheid was die vernaamste struikelblok in me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die minister van finansies, se eerste bykomende begroting.

- Die minister van finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, se eerste begrotingstoespraak is ’n duidelike teken dat die regering nie sy woord gestand kan doen nie, het teleurgestelde ekonome gister gesê.

- ’n Verhaal van beweerde polisie-geweld teenoor ’n kollega in aanhouding het met ’n kinkel in die kabel geëindig nadat ’n konstabel van die Rehoboth-polisiekantoor met ernstige beserings aan sy gesig en kop in die hospitaal op dié dorp beland het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!