No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 3 NOVEMBER 2003

- As Rössing kan leef, kan N$1,6 miljard oor ’n tydperk van 12 jaar in die Namibiese ekonomie gepomp word.

- Namibia Breweries (NamBrew) het ondanks teleurstellende finansiële resultate ’n verhoging in dividende van 11 sent per aandeel verklaar.

- Die uurglas is besig om uit te loop vir die omstrede Aziz-bouprojek regoor Ramatex se filiaal, Rhino Garments, in die Otjomuise-woonbuurt in Windhoek, nadat die munisipaliteit aan die begin van verlede maand sy onwettige bouwerke summier opgeskort het.

DINSDAG 4 NOVEMBER 2003

- Die geboorte van twee olifantjies op 13 Oktober vanjaar by die Mount Etjo Safari Lodge naby Otjiwarongo, het vir groot opgewondenheid gesorg.

- Reaksie gister op die heraanstelling van die finansiële hoofbestuurder van Namport as die nuwe hoof van die Maatskaplike Voorsorgkommissie en sy besluit om nie die pos te aanvaar nie, was gister so uiteenlopend soos kan kom.

- ’n Vryehandelsooreenkoms tussen Amerika en lande van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie kom.

WOENSDAG 5 NOVEMBER 2003

- ’n Onverwagse plaasbesetting-strategie het Swapo se plaaswerkersvakbond op ’n botsingskoers met die gereg, regeringsbeleid, raadplegende prosesse en grondeienaars in die land geplaas.

- Die Namibiese polisie het ondubbelsinnig verklaar dat hy geen onwettige plaasbesettings in die land sal toelaat nie en dat oortreders hulle die volle mag van die gereg op die hals sal haal.

- Namibië sal in ’n era van ekonomiese onsekerheid gedompel word en buitelandse beleggers verjaag as die Namibiese Plaaswerkersvakbond (Nafwu) met hul besetting van kommersiële plase volgende week voorgaan.

DONDERDAG 6 NOVEMBER 2003

- Ernstige meningsverskille oor die hou van ’n kapteinsverkiesing in Januarie aanstaande jaar, kan die Bastervolk in die komende weke opnuut verdeeld laat.

- Nog ’n lid van die berugte bende van Annanias George Natangwe (22), die voortvlugtige beweerde moordenaar van ’n Duitse toeris verlede jaar in September op ’n roete na die Erongoberge, het by die landdroshof op Karibib ontsnap.

- Die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) het gister op ’n onverwagse wyse sy ondersteuning aan die beplande plaasbesettings onttrek.

VRYDAG 7 NOVEMBER 2003

- Die Namibië Plaaswerkersunie (Nafwu) het hom gister in die vasberadenheid van die polisie en owerheid vasgeloop en stil-stil die aftog geblaas in hul stryd om plase vanaf 10 November te beset.

- Chaos het na bewering Woensdagaand in die ontvangsarea van die Windhoek Sentrale Hospitaal se kraamafdeling uitgebreek, toe ’n jong meisie deur die suster aan diens aangerand is.

- Die Gamsberg buite Windhoek word as een van die drie beste astronomiese observasiepunte ter wêreld geag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!