No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 10 November 2003

- ’n Verslaggewer van Republikein en sy drywer het hulle die afgelope naweek teen die hardhandige optrede van die polisie se spesiale veldmag vasgeloop toe hulle noord van Oshakati summier in hegtenis geneem, en hulle voertuig gekonfiskeer is.

- Namibië is die naweek geruk met ’n gesinsmoord deur ’n weermaglid en die selfmoord van ’n senior NDF-lid én eggenoot van die land se nuwe ambassadeur in Kuba.

- Volgens ’n verslag van ’n plaaslike toeroperateur verkeer verskeie oorde van Namibia Wildlife Resorts (NWR) in ’n haglike toestand.

Dinsdag 11 November 2003

- Die seekoeie van die Caprivistreek wat die internasionale media aan die gons het oor gerugte dat hulle in die modder van die Linyantirivier vassit, blyk net vir toeriste weg te kruip.

- Die Zambiese polisie is gister blootgestel aan die vurigste kruisverhoor tot dusver in die Caprivi-hoogverraadverhoor.

- Die Verkiesingskommissie gaan, sodra onduidelikhede uit die weg geruim is, ’n finale besluit oor Nudo se aansoek om registrasie as ’n onafhanklike politieke party neem.

Woensdag 12 November 2003

- Die woordestryd tussen die Riruako- en Kaura-faksies van Nudo, die invloedrykste DTA-lidparty, het nuwe politieke koers gekry met beskuldigings dat Swapo die stryd in Herero-geledere aanvuur.

- Air Namibia kan ná volgende week met nuwe vlerke uit ’n ou nes opstyg wanneer sy finale sakeplan vir goedkeuring aan die kabinet voorgelê word ingevolge waarvan die nasionale lugredery sy mees dramatiese ommeswaai nog moet ondergaan.

- Die Namibiese weermag en polisie wys nou die vinger na mekaar oor die geheimsinnige omstandighede waarin sekere vermeende Caprivi-afstigters in hul hande beland het.

Donderdag 13 November 2003

- Vier mense van Noord-Afrika het waarskynlik op see gesterf nadat hulle iewers tussen Walvisbaai en Lüderitz van die Liberiese vragboot Sea Lantern oorboord gesmyt is.

- Algemene en presidensiële verkiesings in Namibië gaan beslis teen die einde van aanstaande jaar plaasvind, maar munisipale en streekraadsverkiesings gaan na alle waarskynlikheid tot Junie 2005 uitgestel word.

- In afwagting van die nuwe spoorlyn tussen Tsumeb en Ondangwa bestaan die moontlikheid dat TransNamib nuwe lokomotiewe, ’n moderne passasierstrein en spoorgeörienteerde kommunikasietoerusting mag aankoop.

Vrydag 14 November 2003

- President Robert Mugabe kom vandag onder groot geheimhouding in Windhoek aan en sal na verwagting weer môre terugkeer.

- Die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) sal nie rus voor geen blanke persoon meer grond in Namibië besit nie.

- Die visa-vereistes tussen Namibië en Angola is onnodig en daar steek geen ekonomiese of politiese voordeel in nie, het dr. Leake Hangala, president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI), gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-01-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 30° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 21° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 21° | 32° Henties Bay: 16° | 19° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 14° | 29° Aranos: 20° | 31° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 29° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 16° | 29° Maseru: 13° | 30° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 21° | 29° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 27° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!