No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 17 NOVEMBER 2003

- Die lewens van sowat 45 seekoeie en een baba-olifant is verlede week gered nadat die ministerie van omgewingsake en toerisme dié diere uit ’n modderpoel in die Linyantirivier gedryf het.

- Die uitspraak deur mnr. Risto Kapenda dat die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) nie sal rus voor alle kommersiële landbougrond nie in die hande van swart grondeienaars is nie, is die naweek ten sterkste deur die Republikeinse Party veroordeel.

- Gemoedere loop hoog en frustrasies is besig om kookpunt te bereik onder motorhandelaars wat ontstoke is oor sogenaamde “grys” motorinvoere uit Japan wat nie behoorlik beheer en gekontroleer word nie.

DINSDAG 18 NOVEMBER 2003

- Bestuursvergaderings by die Padowerheid (RA) is gister as “kosmeties” beskryf en die topbestuur was onder skoot weens beweerde onbevoegdheid op die eerste dag van die presidensiële kommissie van ondersoek na die werksaamhede van die owerheid en die Padfondsadministrasie (RFA).

- Die ontwikkeling van die Kudu-gasprojek het ’n wedloop teen tyd geword om ’n kragkrisis in Namibië af te weer.

- Die meeste van die 120 vermeende Caprivi-afstigters op Grootfontein sal vanjaar hul vyfde Kersseisoen agter slot en grendel deurbring.

WOENSDAG 19 NOVEMBER 2003

- Ten spyte van reënbuie wat die afgelope week oor groot dele van die land uitgesak het, gaan die meeste boere steeds onder die knellende droogte gebuk.

- Die Bank of Namibia (BoN) het gister plaaslike handelsbanke gedreig om hulle met wysigings aan die bestaande wetgewing te dwing om finansiële dienste aan derduisende Namibiërs in afgeleë gebiede te voorsien.

- Die Ramatex-tekstielfabriek het in die arbeidsdispuut wat die fabriek met sowat 97 werkers gehad het, die onderspits gedelf.

DONDERDAG 20 NOVEMBER 2003

- Die spanning tussen die Namibiese Plaaswerkersunie (Nafwu) en Swapo-leiers is gister ’n stap verder gevoer met die sekretaris-generaal van die unie, mnr. Alfred Angula, wat ’n paar dwarsklappe na parlementslede uitgedeel het.

- ’n Goue ring was glo die pand vir omkopery om van die hoof uitvoerende amptenaar van die Padowerheid (RA), mnr. Justin Runji, ontslae te raak.

- Die raad van die Universiteit van Namibië (Unam) het sy volle vertroue uitgespreek in die vermoëns van die tussentydse bestuurspan wat by dié instelling aangewys is.

VRYDAG 21 NOVEMBER 2003

- Namibië benodig meer as N$127 miljoen om ’n dreigende hongerramp vanweë die droogte af te weer.

- Namibië het geen planne om die Namibiese dollar van die Suid-Afrikaanse rand te ontkoppel nie en beskou die wisselkoersooreenkoms tussen die twee lande as die behoud van die plaaslike makro-ekonomiese stabiliteit, het mnr. Tom Alweendo, die goewerneur van die Bank of Namibia (BoN), gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!