No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
20 jaar gelede

Maandag 1 Desember 2003

- Die vleisbedryf in Namibië staar groot verliese in die gesig met uitvoere na Europa wat voorlopig deur die ministerie van landbou, water en landelike ontwikkeling gestaak is tydens ’n inspeksiebesoek deur ’n kommissie van veeartse van die Europese Unie.

- Regstappe kan volg teen opperhoof Kuaima Riruako en sy wegbreekfaksie na Nudo dié naweek op sy kongres op Opuwo eenparig besluit het om deel van die DTA van Namibië te bly.

- ’n Walvisbaaise rower het hom teen vrouekrag vasgeloop nadat hy twee bejaarde dames in ’n huis oorval en beseer het.

Dinsdag 2 Desember 2003

- Republikein het gister sy 26ste verjaardag herdenk.

- Namdeb, die grootste belastingbetaler in Namibië en een van die vernaamste private werkverskaffers in die land, is amptelik in die rooi en oorweeg vrywillige skeidingspakkette vir werkers as teenvoeter vir die sterk Namibiese dollar se wegvreet van sy winste.

- Die verassingsdiens van sy broer Piet het gister vir oom Calvyn Nolte (79) van die plaas Rosendal naby Aminuis verbygegaan, terwyl hy vir die beserings wat hy opgedoen het toe twee wreedaards hom en sy bejaarde vrou Sondagnag op die plaas aangeval het, behandel moes word.

Woensdag 3 Desember 2003

- ’n Drama rakende versekering is besig om te ontvou oor ’n Cessna 414 met registrasiemerk ZS-LZD wat verlede Saterdag van die stygbaan op Rundu se lughawe geloop het terwyl dit besig was om vir opstyging gereed te maak.

- Namibië sal na verwagting aan die spits staan om steun te verwerf vir die hertoelating van Zimbabwe tot die Statebond.

- Die salaris van mnr. Justin Runji, die Padowerheid (RA) se hoof uitvoerende beampte uit Kenia, het sedert sy aanstelling vir jare ’n vyfsyferwipplank gery.

Donderdag 4 Desember 2003

- Die klein maar hegte gemeenskap rondom Karibib kon nou in rou gedompel gewees het as dit nie vir die skitter-samewerking tussen polisiemanne en boere was nie.

- Die moontlikheid van omkopery het gister vir die eerste keer op die agenda verskyn by die ondersoek na die beweerde padskandaal in die land.

- Bouwerk aan ’n nuwe, tradisionele paleis vir die koning van die Oukwanyama het die week in die erns begin nadat die projek vir die afgelope ses jaar gesukkel het om van die grond af te kom.

Vrydag 5 Desember 2003

- Die verleentheid oor ’n beurskontrak tussen ’n werknemer van die Padowerheid (RA) en ’n konsultant van dié instelling het gesigte gister selfs rooier gekleur.

- Die dispuut oor ’n nuwe hoof uitvoerende beampte vir die beleërde Maatskaplike Voorsorgkommissie (MVK) het gister ten einde gekom met die aanwys van die permanente sekretaris van die ministerie van werke, vervoer en kommunikasie, mnr. Tuli Shilikunye Hiveluah, as die hoogste amptenaar vir ’n tydperk van vyf jaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!