20 jaar gelede
MAANDAG 19 JANUARIE 2004
- Die regering moet dringend nog ’n grondkonferensie belê en ophou skuil agter die beginsel van ’n gewillige verkoper en gewillige koper om die turksvy van grondhervorming te systap.
- Onderwysers sal dissiplinêr verhoor word indien hulle nie geldige redes kan verskaf vir hul afwesigheid op hulle eerste werksdag nie.
- In ’n tyd van droogtedepressie onder inwoners van die oostelike dele van die land het die goeie reën van die afgelope naweek daar nuwe hoop gebring.
DINSDAG 20 JANUARIE 2004
- In ’n dag van drama is twee afdelingshoofde van die RA deur die kommissie van ondersoek gewaarsku dat hulle beboet en selfs tronkstraf opgelê kan word as daar enige onreëlmatighede met hul getuienis gekry word.
- Statistiek oor reënvalsyfers in Namibië het gister bevestig dat nuwe rekords tydens die huidige reënseisoen opgestel is.
- Die stryd om ’n kapteinsverkiesing vir die Bastervolk gaan Sondag op die spits gedryf word wanneer die Bastergemeente ’n finale besluit oor dié sensitiewe aangeleentheid sal neem.
WOENSDAG 21 JANUARIE 2004
- Die Acacia-behuisingskompleks in Windhoek is besig om uit die modder van verlede week se vloed op te staan, maar voer nou ’n stryd aan twee fronte teen ’n georkestreerde veldtog van kritiek en onwaarhede.
- Skole oraloor die land het gister begin en alles dui daarop dat ’n groot tekort aan plekke in skole ondervind word, veral in grade 1, 8 en 11.
- Plaaslike assessors is oorstroom met opdragte van korttermynversekeraars om die omvang van die vloedskade te bepaal, nadat Namibië sedert verlede week onder die kwaaiste neerslae sedert 1891 deurgeloop het.
DONDERDAG 22 JANUARIE 2004
- Windhoek se skole is aan die begin van die skooljaar opgeroep tot die grootste opruimingsprojek in Namibië se geskiedenis, ná ’n inisiatief van die Delta Sekondêre Skool wat gisteroggend geloods is.
- Die regering was gister genoop om weer regstreeks by die sake van ’n semistaatsinstelling in te gryp en is daar ook nou sprake van ’n volskaalse ondersoek na die sake van ’n baken in die landbousektor, die AgriBank van Namibië.
VRYDAG 23 JANUARIE 2004
- ’n Ommeswaai in getuienis oor die omstrede pad tussen Okahandja en Otjiwarongo het kommissielede gister in hul stoele vasgenael toe ’n kenner uit Suid-Afrika sy seën oor die werk van Windhoek Consulting Engineers (WCE) uitgespreek en tekortkominge in die Padowerheid (RA) se padbestuurstelsel uitgewys het.
- ’n Bekende sakeman in die noorde van die land het gister in die landdroshof op Oshakati verskyn as die meesterbrein agter ’n beplande massamoordveldtog om mense te vergiftig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie