20 jaar gelede
MAANDAG 2 FEBRUARIE 2004
- Die DTA van Namibië gaan ’n dringende aansoek by die hof indien om Nudo en sy kandidaat vir die Grootfontein-tussenverkiesing, mnr. Augustinus Mbakunguna, te verhoed om op 12 Februarie vanjaar aan die verkiesing deel te neem.
- Namibië is deel van ’n groot groep lande wat deur immigrasie-owerhede in Nieu-Seeland as ’n land met ’n hoë voorkoms van tuberkulose (TB) geïdentifiseer is.
- TransNamib sal van 16 Februarie 2004 af sekere busdienste beëindig, aangesien dié roetes steeds onekonomies is ondanks verskeie maatreëls om ’n wins daaruit te maak.
DINSDAG 3 FEBRUARIE 2004
- Die steeds stygende vlakke van die riviere in die noorde van Namibië word deur die kabinet gemonitor, terwyl die Kavango- en Caprivistreke voor die einde van die week ’n volledige verslag aan die Noodbestuurseenheid (Emu) moet inhandig.
- Produksiebonusse en Rössing Uraan se gereedheid om geleenthede op die kontantmark vir verrykte uraan in die wêreld te benut, is die pilare waarop dié mynreus bou om sy leeftyd tot minstens 2007 te verseker.
- Die Namibiese polisie het Donderdag drie verdagte koperdiewe gearresteer nadat beslag gelê is op gesteelde koperdraad.
WOENSDAG 4 FEBRUARIE 2004
- ’n Daadwerklike gevaar dat Windhoek se waterbronne deur riool wat vry in rivierlope vloei besoedel kan word, het gister gevaarligte vir die stad se inwoners laat flikker.
- ’n Gewese lid van die Verenigde Nasies se oorgangbystandsgroep (Untag) wat in 1989 as deel van die Nieu-Seelandse kontingent in Namibië diens gedoen het, is in sy tuisland in die sop.
- ’n Jong vrou is van moord aangekla nadat haar twee maande oue baba in die Onaanda-nedersetting in die Omusatistreek onlangs van ’n bed geval en gesterf het.
DONDERDAG 5 FEBRUARIE 2004
- Die arbeidshof sal Donderdag uitspraak gee oor die omstrede arbeidsgeskil op Ongombo-Wes wat reeds vier maande voortsleep.
- Die verloofde van ’n bekende sakeman van Windhoek moes Dinsdagoggend ná ’n wrede aanval deur ’n verkragter ’n noodoperasie ondergaan om te verhoed dat sy weens ernstige bloedverlies sterf.
- Altesaam drie van die vier UDF-dorpsraadslede van Khorixas is hul poste op die raad kwyt ná maande se ontevredenheid met die manier waarop die dorpsraad van Khorixas sake doen.
VRYDAG 6 FEBRUARIE 2004
- Positiewe ekonomiese groei vir Namibië is met die ondertekening van mynregte-ooreenkomste vroeër dié week tussen die volgende groot wêreldspeler in die diamantnywerheid en die regering in die vooruitsig gestel.
- Onsekerheid heers steeds in die Kavango oor die hoeveelheid mense wat as begunstigdes vir droogtehulpvoedsel geregistreer is, terwyl die streek se noodbestuurseenheid (Remu) steeds kwesbare mense teëkom wat nog nie as begunstigdes vir die projek geregistreer is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie