20 jaar gelede
MAANDAG 9 FEBRUARIE 2004
- Ekonomiese vooruitsigte vir Namibië lyk vanjaar positief, maar heelwat onsekerheid oor wat die jaar gaan oplewer, bring mee dat ekonome die jaar versigtig tegemoet gaan.
- Die Namibiese Verkeersinligtingstelsel (NaTIS) is ’n korrupsiemekka.
- ’n Dringende vergadering op versoek van die ministerie van streek- en plaaslike regering en behuising sal vandeesweek tussen die dorpsraad van Otavi en NamWater belê word in ’n poging om ’n blywende oplossing vir dié dorp se voortslepende waterprobleem te vind.
DINSDAG 10 FEBRUARIE 2004
- Beweerde omgerymdhede by die ministerie van landbou se direktoraat veeartsenydienste kan Namibië se uitvoerkanale vir vleis na sy winsgewendste en voordeligste mark, die Europese Unie (EU), finaal blokkeer.
- Oktober 2002 se eksamenbedrog in Namibië kon die land en verskeie ander state – van hulle so ver as Argentinië – N$46 miljoen uit die sak gejaag het.
- Namibië skiet nog 48 persent tekort aan die begroting wat hy benodig om die projekte van die Tweede Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP II) te implementeer en alle Namibiërs van ’n beter lewe teen 2005 te verseker.
WOENSDAG 11 FEBRUARIE 2004
- Luide applous het gister in die hoërhof die uitspraak begroet dat Nudo wel aan môre se tussenverkiesing vir die streekraad op Grootfontein mag deelneem.
- Die beweerde bedrog met die IGSCE-eksamen van Oktober 2002 het die geloofwaardigheid en integriteit van Cambridge-kwalifikasies ernstige skade berokken.
- Die DTA van Namibië aanvaar dat die party die eerste ronde in die hof teen opperhoof Kuaima Riruako verloor het, maar gaan voort met die aansoek vir hersiening en tersydestelling van die verkiesingskommissie se besluit om Nudo as ’n onafhanklike party te registreer.
DONDERDAG 12 FEBRUARIE 2004
- Die bevindinge van die eerste ingenieursondersoeke na die vloed van 2004 in Windhoek is bekend en bevestig ’n menslike rol as oorsaak van oorstromings en skade in die stad.
- Grootfonteiners is dit eens dat inwoners vandag nie die stembus kan systap as hulle ’n daadwerklike bydrae wil lewer tot die ontwikkeling van hul distrik nie.
- Jaarliks word tienduisende leerlinge in Namibië van skole weggewys omdat daar nie meer plek is of omdat hulle nie die vorige jaar geslaag het nie.
VRYDAG 13 FEBRUARIE 2004
- ’n Tweede prysskok vir 2004 tref Namibiërs volgende week wanneer die prys van mieliemeel en koringprodukte tussen nege en 12 persent onderskeidelik styg.
- Veeartsenydienste staan vanoggend as die hoofbeskuldigde in die verdoemende verslag van die Europese Unie (EU) oor die status van Namibië as ’n uitvoerder van vleis na dié gesogte buitelandse mark.
- Die arbeidshof het gister gelas dat die ses afgesette plaaswerkers van Ongombo-Wes onmiddellik weer in hul posisies aangestel word en dat hulle gesamentlik bykans N$21 000 aan vergoeding betaal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie