20 jaar gelede
MAANDAG 16 FEBRUARIE 2004
- Swapo moes Vrydag tevrede wees met sowat ses persent minder steun op Grootfontein, terwyl die magdom kleiner partye wat aan die tussenverkiesings deelgeneem het, kon verseker dat letterlik duisende mense meer by die stembus opgedaag het as wat in die vorige verkiesing die geval was.
- Die welslae en oorwinning met grondhervorming en herverdeling berus nie by buitestanders nie, maar by Namibiërs.
- ’n Windhoekse taxibestuurder is gistermiddag aan die buitewyke van die stad gewond en van sy dag se verdienste beroof.
DINSDAG 17 FEBRUARIE 2004
- Die regering gaan binne die volgende twee maande die eerste waardasies van kommersiële landbougrond aan die publiek bekendstel wat die implementering van grondbelasting sal inlei.
- ’n Finale besluit oor die moontlike onttrekking van drie dorpsraadslede van Otavi, wat die inwonersvereniging op die dorp (Ora) verteenwoordig, sou gisteraand op ’n vergadering van die vereniging geneem word.
- Namibië is vanjaar die gasheer vir die 14de jaarvergadering van die konvensie rakende internasionale handel in bedreigde plant- en dierspesies (Cites) se komitee belas met plante.
WOENSDAG 18 FEBRUARIE 2004
- Namibiërs se sakke gaan geruk word as ’n verhoging in aksynsbelasting van tot 30% op drank en minstens 10% op tabakprodukte na verwagting vandag in die Suid-Afrikaanse begroting aangekondig word.
- Die kanse op ’n herhaling van ’n vloed met dieselfde omvang as verlede jaar in die Caprivi word skraler met die verwagting dat die vlak van die Zambezirivier binne die volgende twee weke sal begin afneem.
- Onregverdige afdankings van werknemers is ’n bron van groot kommer vir sowel vakbonde as die minister van visserye en mariene hulpbronne.
DONDERDAG 19 FEBRUARIE 2004
- Wetgewing om korrupsie en ongerymdhede in die staat en semistaatinstellings hok te slaan, moet so gou as moontlik geïmplementeer word.
- ’n Deurbraak is skynbaar in Windhoek gemaak deur te voorkom dat die wêreldbekende genesingsplant, duiwelsklou, op die beperkinge en beheer van die Konvensie op Internasionale Handel van Bedreigde Spesies (Cites) beland.
- Namibiese beleggers kan tussen N$150 miljoen en N$200 miljoen per jaar bespaar op belasting op renteverdienste ten opsigte van beleggings in Suid-Afrika.
VRYDAG 20 FEBRUARIE 2004
- Windhoek se beplande stadspolisie moet vanjaar ’n werklikheid word.
- Die sowat 850 Namibiese soldate wat deel van die Verenigde Nasies (VN) se vredesmag in Liberië uitmaak, het begin met die beveiliging van paaie in die gebiede waarvoor hulle in dié land verantwoordelik is.
- Die herrie is behoorlik los oor toegangsfooie vir dagbesoekers by Namibië se natuuroorde waar die Namibia Wildlife Resorts (NWR) toegang en dienste reguleer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie