20 jaar gelede
MAANDAG 23 FEBRUARIE 2004
- Wydverspreide reënbuie het die afgelope naweek oor die grootste dele van die land voorgekom wat vir die eerste keer sedert Februarie verlede jaar ’n sterk vloei van die Visrivier veroorsaak het.
- Sewentien mense aan boord die regering se diepsee-patrollievaartuig, die Tobias Hainyeko, het die dood net buite Lüderitz se hawe op wonderbaarlike wyse vrygespring in ’n voorval soortgelyk aan die sinking van die Meob Bay op 7 Junie 2022.
- Die hoërhof op Grootfontein sal vandag vir die eerste keer in ’n onafhanklike Namibië ’n uitspraak in ’n geskil oor internationale jurisdiksie lewer.
DINSDAG 24 FEBRUARIE 2004
- Die mediese praktisyn wat verlede Donderdag by die Windhoek Sentrale Hospitaal aangerand is, was die slagoffer van kollegas wat self die wit jas dra.
- Die eerste oorwinning in wat moontlik ’n reeks van hofsake kan wees oor die hoogs omstrede “swart apartheidsveiling” van luukse woonerwe op Walvisbaai, is gister in die hoërhof in Windhoek behaal.
WOENSDAG 25 FEBRUARIE 2004
- Die 13 vermeende Caprivi-rebelle wat eergister deur die hoërhof in Grootfontein vrygespreek is, is agter die tralies teruggeboender nog voor hulle hul eerste teug vryheid in jare kon smaak.
- ’n Multimiljoen-aandeelhouersooreenkoms tussen Telecom Namibia en ’n Angolese maatskappy, Mundo Startel, word vanoggend in Luanda onderteken wat die weg gaan baan vir die opgradering van die telefoonstruktuur in dié voorheen oorloggeteisterde land.
- Twee bome kan op Usakos die onderwerp van ’n hofsaak tussen ’n voormalige stadsklerk, me. Ria Dippenaar, en die munisipaliteit word.
DONDERDAG 26 FEBRUARIE 2004
- Die uitgerekte proses om die Otavi-dorpsraad voltallig te kry, het nou ’n negatiewe stempel gelaat op die sowat 50 werkers wat in die afwesigheid van ’n raadsbesluit nog nie hul salarisse ontvang het nie.
- Die onteiening van boerderygrond was gisteraand die reddingsgordel waarmee die regerende party homself uit die stormsee van sy mislukte hervestigingsplan wou sleep.
VRYDAG 27 FEBRUARIE 2004
- Kritiek stroom onverpoosd in teen die summiere herarrestasie van 13 vermeende Caprivi-afstigters ná hulle vrygespreek is.
- Die toekenning van die lisensie vir ’n tweede selfoonnetwerk-verskaffer in Namibië sal eers moet wag aangesien wetgewing om dit moontlik te maak nie bestaan nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie