20 jaar gelede (002) Logo
20 jaar gelede (002) Logo

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 1 MAART 2004

- Die vlaag van geweldmisdade wat Windhoek sedert die begin van Februarie opnuut teister, het die naweek uitgekring toe ’n ouerpaar van Kleine Kuppe en ’n jong man uit een van die land se bekendste rugby-families, genadeloos deur ’n roofbende afgemaai is.

- Die politieke kleur van die regering se beplande beslaglegging op blanke plase onder die voorwendsel van die grondhervormingsproses is die afgelope naweek verder versterk nadat dit aan die lig gekom het dat altesaam nege plase waar arbeidsbetrekkinge na die mening van die staat ongesond is, nou onteien gaan word.

DINSDAG 2 MAART 2004

- Die Namibiese regering het nog N$76 miljoen nodig om die droogtehulpprogram vir vanjaar volledig te implementeer.

- Die geheimsinnigheid rondon die driedubbele moord die afgelope naweek in Kleine Kuppe het gister verder verdiep na inligting ontvang is dat die slagting ’n moontlike mafia-styl teregstelling was, terwyl ’n liefdesdriehoek ook aan die lig gekom het.

- Die staat moet vanoggend aan die hoërhof op Grootfontein verduidelik waarom 13 vermeende Caprivi-afstigters steeds agter slot en grendel is ’n week ná regter Elton Hoff hul onmiddellike bevryding gelas het.

WOENSDAG 3 MAART 2004

- ’n Omvattende verklaring oor die regering se beplande grondonteiening gister in die parlement het water op grondvure gegooi wat uit verskillende fronte aangejaag is.

- Die regbank in Namibië maak dit vir slagoffers van misdaad moeilik om die land se Grondwet te respekteer.

- Regter Elton Hoff het gister aanvaar dat die staat op die oog af wel sy bevel gestand gedoen het om die nou bekende Caprivi 13 te bevry.

DONDERDAG 4 MAART 2004

- Die dagbesoekerstariewe van Namibia Wildlife Resorts (NWR) is summier opgeskort enkele weke nadat dit op ongekende en hoogs omstrede wyse ingestel is en die staatsmaatskappy in ’n vlaag van plaaslike en internasionale verset gedompel het.

- Verbruikers moet hulself staal vir ’n ekonomiese opdraande vanjaar met ’n stygende inflasiekoers wat reeds sy naels begin wys het, het ekonome gister gewaarsku.

VRYDAG 5 MAART 2004

- Die Namibiese Raad van Kerke, die CNN, het gister gevra vir groot versigtigheid en die vermyding van enige vorm van konfrontasie in die wyse waarop die grondvraagstuk hanteer word weens die potensiële gevaar wat dié vraagstuk vir die land inhou.

- ’n Landmerk in die geskiedenis van Namibië se hotelwese, die Continental Hotel, se deure is vir besigheid gesluit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!