20 jaar gelede
MAANDAG 8 MAART 2004
- Meer as 20 gesteelde Namibiese voertuie is in Angola gekonfiskeer en word by vier prominente dorpe gehou.
- ’n Vervroegde algemene en presidensiële verkiesing is op die tafel waar vanjaar moontlik van die tradisionele tydperk van einde November of begin Desember afgewyk gaan word.
- Swaar reën het die afgelope naweek die atletiekkampioenskap vir hoërskole op Rundu in die wiele gery, terwyl die Sam Nujoma-sokkertoernooi gister op Tsumeb met sowat vier ure vertraag is.
DINSDAG 9 MAART 2004
- Goeie reën het die afgelope naweek in die suide van die land geval, terwyl hoë reënvalsyfers ook in die Kavango aangeteken is waar inwoners langs die Okavangorivier angstig is oor die steeds stygende vlak van die rivier.
- Dwelmneste is die afgelope twee weke deur die Namibiese polisie se spesiale eenheid in die Narraville-buurt van Walvisbaai en op Swakopmund oopgeskop.
WOENSDAG 10 MAART 2004
- Mielieprodusente in die noorde kan ná die naweek breed glimlag met goeie reëns wat sedert Saterdag oor groot dele van die noorde asook in die Mieliedriehoek geval het.
- Harry Simon, voormalige ligmiddelgewigkampioen van die Wêreldboksorganisasie, het hom vir beskerming tot die gereg gewend ná ’n bakleiery in ’n nagklub in die buitewyke van Swakopmund.
- Die vrou van een van die bekendste oudpolisiemanne in Namibië is gister op ’n wreedaardige wyse vermoor.
DONDERDAG 11 MAART 2004
- Verdeeldheid binne die Namibia Landbou-unie (NLU) het gister pogtings om ’n regshulpfonds vir kommersiële boere te stig totaal oorskadu.
- Die reënvalsyfers wat sedert die begin van vanjaar se reënseisoen aangeteken is, dui daarop dat Namibië vanjaar ’n bogemiddelde reënseisoen beleef.
- Gemengde reaksie is van die Namibiese regering ontvang op die jongste Amerikaanse verslag oor die stand van menseregte in Namibië.
VRYDAG 12 MAART 2004
- Die klaarblyklike toename in geweldmisdade is deur biskop Zephania Kameeta van die Evangeliese Lutherse Kerk van Namibië as skokkend en van epidemiese omvang bestempel.
- Namibia Wildlife Resorts (NWR) se skuld van N$34,2 miljoen in agterstallige toegangsfooie aan die ministerie van finansies is gister in die land se hoogste wetgewende gesagsliggaam bevestig.
- ’n Ernstige waarskuwing teen hondsdolheid in die Outjo-omgewing is die afgelope week gerig ná minstens drie jong kinders op dié dorp deur ’n dol hond gebyt is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie