20 jaar gelede (002) Logo
20 jaar gelede (002) Logo

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 15 MAART 2004

- Die Raad van Kerke in Namibië (CCN) het Saterdag ’n ernstige beroep op die regering en die polisie gedoen om die vlaag geweldsmisdade wat die land die afgelope tyd teister, hok te slaan.

- President Sam Nujoma het sy meegevoel aan die Spaanse koning Juan Carlos 1 betuig met die terroriste-aanval op die Atocha-treinstasie in Madrid wat die lewens van 200 mense geëis het en meer as ’n duisend mense beseer gelaat het.

- Die spook van bewerings oor die beplande gifmoorde op mense in die verre-noordelike streke wie se name op ’n moordlys verskyn, weier om te gaan lê.

DINSDAG16 MAART 2004

- Die net van beweerde bedrog deur die omstrede buitelander, mnr. Aziz Kyababa, is gister ’n aks stywer getrek met sy eerste hofverskyning oor waarskynlik ’n reeks oortredings.

- Die minister van basiese onderwys, sport en kultuur, mnr. John Mutorwa, het vandeesweek die wetsontwerp op erfenis in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê en gemotiveer.

WOENSDAG 17 MAART 2004

- Namibië se vernaamste teenvoeters vir die afgelope nege jaar se kwynende ekonomiese groei is die Skorpion-sinkmyn en die Ramatex-tekstielfabriek.

- ’n Ommeswaai in ’n polisieondersoek het ’n 32-jarige man wat beweer dat hy op 3 Februarie vanjaar deur ’n rower in sy kantoor by die onderneming Air Conditioning & Ventilation in die suidelike nywerheidsgebied van Windhoek in die bors gewond is, in die beskuldigdebank laat beland.

- Swangerskappe onder tieners in Namibië neem toe terwyl die omvang van aangemelde aborsies en aborsieverwante probleme as onrusbarend beskou word.

DONDERDAG 18 MAART 2004

- Die staat het suksesvol oor die eerste hekkie geseil in ’n poging om regter Elton Hoff se kwytskelding van die Caprivi-13 uit te daag.

- Staatsdiensamptenare, ontwikkelingsprojekte en die onderwys gaan moontlik aan die kortste end trek in die minister van finansies se geskarrel na geld om haar begroting vir vanjaar te laat klop.

- Die eerste reeks vergaderings het in die Suide begin om die lewensvatbaarheid vir die oprigting van ’n bykomende kraglyn tussen Keetmanshoop en Lüderitz te ondersoek.

VRYDAG 19 MAART 2004

- Lede van die polisie se eenheid vir ernstige misdaad en die spesiale taakmag het gisteroggend vroeg op ’n sjebien in Keetmanshoop toegeslaan en die tweede man in hegtenis geneem wat in verband met die wreedaardige moord op die De Sousa-egpaar en mnr. Koos Stoop gesoek is.

- Die ontwikkelingsbeursie van N$1 325,5 miljoen vir 2004-’05 wat as riglyn in Namibië se rollende begroting voorgestel word, sal waarskynlik heelwat dunner word in die stryd om die land se toenemende begrotingstekort in toom te hou, het plaaslike ekonome gewaarsku.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!