20 jaar gelede
DINSDAG 23 MAART 2004
– Verbruikers het verlede maand vir die tweede agtereenvolgende keer vanjaar die steil bult van inflasie uitgesukkel toe Namibië se verbruikersprysindeks, bereken op ’n jaar-tot-jaar-grondslag (j/j), van Januarie tot Februarie 2004 met bykans 39% die hoogte ingeskiet het.
– Die feit dat Walvisbaai tien jaar gelede sonder ’n enkele geweerskoot by Namibië ingelyf is, is volgens president Sam Nujoma ’n voorbeeld waarna die res van die vasteland én wêreld met verwondering kan opkyk.
– Namibië en Angola het twee geskiedkundige treë nader gegee aan die aftakeling van handelsversperrings en die oopbeur van hul onderskeie markte.
– Pres. Sam Nujoma het 14 Mei as verkiesingsdag vir munisipale, dorps- en nedersettingsrade in die Staatskoerant afgekondig.
WOENSDAG 24 MAART 2004
– Die regering skenk ernstige oorweging daaraan om weens die goeie reënseisoen die droogtehulpprogram teen die einde van Mei op te skort.
– Namibië se toekoms hang in ’n groot mate af van hoe die land se ekonomie gestruktureer word en teen watter spoed dit gedoen kan word.
– Gewapen met heersende gunstige ekonomiese beginsels kan me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die minister van finansies, vandag ’n merkwaardige debuutvertoning met haar hoofbegroting lewer deur Namibië se fiskale tekort weer na internasionaal aanvaarbare standaarde af te dwing.
DONDERDAG 25 MAART 2004
– Pensioene vir bejaardes styg van 1 April vanjaar met N$50 per maand wat meebring dat die oues van dae nou ’n maandelikse inkomste van N$300 sal hê.
– Die hotel Canyon op Keetmanshoop, vir etlike jare reeds ’n baken van die toerismebedryf in die suidelike gebiede, het ’n nuwe eienaar.
– Gister se begroting van die minister van finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, is alterweë as ’n skitterende stukkie rekenkundige vernuf beskou, maar vraagtekens hang oor die regering se vermoë om uitgawes naastenby in lyn te hou met sy verwagtinge oor die volgende drie jaar.
VRYDAG 26 MAART 2004
– Die Namibiese ekonomie sal vanjaar na verwagting met 3,8% teenoor verlede jaar se beraamde 3,1% groei, maar die land staar nietemin heelwat uitdagings in die gesig, het mnr. Tom Alweendeo, goewerneur van die Bank of Namibia (BoN), gister gesê.
– Altesame 87,1% van die begrotingstoekenning van N$366 miljoen aan Air Namibia, sal aangewend word om skuldsondes van ’n vorige bestuurspan te diens, terwyl net 12,9% daarvan gebruik sal word om die nasionale lugredery finaal op ’n nuwe koers te plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie