20 jaar gelede
MAANDAG 5 APRIL 2004
- ’n Vierde presidensiële termyn vir pres. Sam Nujoma is van die baan met ’n buitengewone politburo-vergadering van die party wat drie kandidate genomineer het waaruit mnr. Nujoma se opvolger gekies sal word.
- Air Namibia is onherroeplik op pad na ’n nuwe tydvak as hoofslagaar van toerisme met nuwe toerusting en versieningsdienste wat op die horison wink.
- Die voorlopige beraming is dat sowat 10 000 in Caprivi regstreeks deur die vloed geraak word, met minstens 5 000 wat onmiddellik uit hul nedersettings ontruim moet word.
DINSDAG 6 APRIL 2004
- Die minister van werke, vervoer en kommunikasie, dr. Moses Amweelo, staar vandag regstappe in die gesig indien voormalige direksielede van die Padowerheid (RA) hul onderneming gestand doen om hul beweerde onregmatige ontslag in die hof te toets.
- Spanwerk, avontuurlus, ’n tikkie ongehoorsaamheid en ’n botteltjie uriene het bygedra daartoe dat ’n graad 11-leerling van die Delta Sekondêre Skool, Flavio Faria, lewe ná ’n swart mamba hom gepik het.
- Ekonomiese groei in die ||Kharasstreek en dié van die inwoners, is die rede waarom ’n begin gemaak moet word met die ||Kharas-kabelkarprojek wat die eerste in Namibië sal wees.
WOENSDAG 7 APRIL 2004
- Namibië se huidige grondhervormingsbeleid besorg jaarliks net sowat een persent van kommersiële plase terug in swart hande en teen dié tempo sal dit nog 40 jaar duur alvorens die helfte van die gesogte grond herverdeel is.
- Kort voor die regering gister met ’n ontruimingsaksie begin het, het die Caprivi-vloed reeds ses lewens geëis.
- Die regering se onvermoë om waardetoevoeging tot die vleisbedryf te bewerkstellig asook op-die-hoef-uitvoere na buurlande te verhoed is van die redes wat deur Farmers’ Meat Market aangevoer word vir die afdanking van werkers by sy Mariental-slagplaas.
DONDERDAG 8 APRIL 2004
- Motoriste se sakke word volgende Woensdag vir die eerste keer in twee jaar geruk wanneer petrol- en dieselpryse in Namibië met twintig en sewentien sent per liter onderskeidelik verhoog word.
- Dringende samesprekings tussen die Noodbestuurseenheid (Emu) en die opperhoof van die Masubia-stam, mnr. Kisco Liswani, het gister plaasgevind nadat dit aan die lig gekom het dat inwoners van nedersettings in die vloedgebiede weier om tydelik hervestig te word.
- Skuiwergate en nie-eenvormige toepassing van wette rakende rampbestuur en burgerlike beskerming, is onlangs vir die eerste keer sedert onafhanklikheid raakgesien.
- ’n Nuwe raad van direkteure, wat vir die volgende drie jaar diens sal doen, is gister by NamWater aangewys.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie