No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
DINSDAG 13 APRIL 2004

– Namibiese toerisme is onberekenbare skade berokken toe chaotiese toestande op die kaai van Walvisbaaise hawe Vrydag hoëprofielbesoekers op die Crystal Serenity die veiligheid van hul kajuite laat opsoek het.

– Die omstrede skorsing van die Padowerheid (RA) se direksie is Donderdag in ’n dramatiese ommeswaai deur die minister van werke, vervoer en kommunikasie, dr. Moses Amweelo, herroep.

– Vier seisoene binne ’n enkele naweek, was die aanbod van Namibië se gewildste vakansie-oorde langs die kus aan duisende besoekers uit die binneland, Botswana en Suid-Afrika.

– Miljoene dollars word elke jaar bestee om die land se paaie in ’n bevredigende toestand te hou sodat die infrastruktuur ’n positiewe bydrae tot die nasionale ontwikkeling kan lewer.

WOENSDAG 14 APRIL 2004

– ’n Meisie van Walvisbaai, Lindi Dreyer, se vertroeteling van twee dolfyne het gister naby Pelikaan-punt tot die redding van die mooi seediere gelei in ’n operasie wat byna drie uur geduur het.

– Die magtige Zambezirivier het die afgelope naweek die lewe van ’n pasgebore tweelingseuntjie geëis toe sy ouers aan die elemente van die natuur uitgelewer was.

– Enkele minute ná die amptelike bekendmaking gister van die datums vir die presidensiële en algemene verkiesing in die parlement, het die Nujoma-gunstelingkandidaat, mnr. Hifikepunye Pohamba, sy “presidensiële”-veldtog in die Nasionale Vergadering van stapel gestuur.

DONDERDAG 15 APRIL 2004

– Passasiers moes verskuif word en kajuitbemanning het reggestaan met handboeie toe ’n erg aangeklamde passasier Dinsdag ’n nagmerrie vir die 280 mense aan boord omskep het.

– Die ontruiming van nedersettings oos van Katima Mulilo sal teen vandag afgehandel word, terwyl skole in ontvangsentrums weer soos normaal voortgaan.

– Die Namibiese polisie het onlangs verskeie suksesse aangeteken teen die dwelmeuwel.

– ’n Pa van twee minderjarige kinders het verlede week in trane skuld vir die moord op sy vrou in die Windhoekse Hoërhof erken.

VRYDAG 16 APRIL 2004

– Die staat het groot toegewings gemaak oor verlofreëls vir die onderwys.

– Die verhoorafwagtende en sogenaamde “koning van pop”, Michael Jackson, kom vandag in Namibië aan en het oor die middaguur ’n afspraak met pres. Nujoma by Staatshuis.

– Namibië se visbedryf het vanoggend weer rede om te glimlag nadat die kabinet die 2004-’05-kwotas vir stokvis, monnikvis en orange roughy ter waarde van meer as N$3 miljard afgekondig het.

– Die eerste fase van petroleumverkenningsekspedisies is op 8 April deur First African Oil in die noorde van die land begin.

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!