No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 19 April 2004

– Namibië sal nie die ekonomiese stormwaters van die wêreld sonder die helpende hand van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied (CMA) of die steun van die Suid-Afrikaanse rand aandurf nie.

– ʼn Sakeman van Walvisbaai het Vrydag die eerste rondte in die hoërhof-geding teen dié hawedorp se munisipale bestuur oor die sogenaamde apartheidsveiling van luukse woonpersele gewen.

– ʼn Oefensessie met ʼn fiets op Oshakati se vliegveld het Donderdagaand byna die lewe van ʼn onderwyseres geëis.

– Die staat het Vrydag ʼn vurige aanval geloods teen die korrektheid van regter Elton Hoff se bevryding van die 13 vermeende Caprivi-afstigters.

DINSDAG 20 April 2004

– Prosesse om die kragsentrale wat petroleumgas van die Kudu-gasveld sal benut om elektrisiteit in grootmaat op te wek ʼn werklikheid te maak, is aan die begin van dié week aan die gang gesit.

– Met die tweede golf water wat sedert Saterdag die vlak van die Zambezirivier weer stelselmatig laat styg het, is nog twee lewens in die watermassa geëis.

– Verskeie damme wat verlede jaar dié tyd byna leeg was en wat streng waterbeperkings op sekere dorpe tot gevolg gehad het, het nou meer water en gee moed vir die volgende paar maande.

WOENSDAG 21 April 2004

– Die binnegevegte tussen die drie Swapo presidensiële kandidate het nou die party se streekkoördineerders genoop om ook in die kryt te spring.

– Met inflasie wat vir die derde agtereenvolgende maand styg, behoort hoër rentekoerse Namibiërs darem nie ook finansiële hoofbrekens te besorg nie.

– Swapo se sekretaris-generaal, dr. Ngarikutuke Tjiriange, het te velde getrek teen Swapo-lede wat slapelose nagte deurbring en planne uitdink om mede Swapo-lede te vernietig.

– Beweerde wanpraktyke deur die nuutgekose munisipale amptenare van Khorixas volg kort op die hakke van die jongste vlaag van landswye wanadministrasie deur plaaslike owerhede.

DONDERDAG 22 April 2004

– President Sam Nujoma het sy amptelike aftrede as staatshoof in die land se hoogste gesag, die parlement, bekragtig.

– President Sam Nujoma is gister uit die opposisiebanke lof toegeswaai vir die feit dat hy sy uittrede as president herbevestig het en vir die leierskap wat hy die afgelope 14 jaar sedert onafhanklikwording aan die land verskaf het.

– Noodleningspanne in die Caprivi het gister hul ontruimingsaktiwiteite voorlopig afgesluit toe die laaste groep slagoffers van vanjaar se vloed van die Itomba-nedersetting na die hoogliggende ontvangsentrums geneem is.

VRYDAG 23 April 20024

– In die doodsnikke van die ontruimingsaktiwiteite in Caprivi moes ʼn militêre helikopter Woensdag ʼn noodlanding maak om die lewens van 12 volwassenes en sewe babas te red.

– Die beskerming en veiligheid van die land se inwoners is gister op die voorgrond geplaas met die amptelike bekendstelling van ʼn nuwe spesiale operasieseenheid van die polisie.

– Onlangse uitlatings deur Swapo se sekretaris-generaal, dr. Ngarikutuke Tjiriange, wat klaarblyklik ten doel gehad het om die leier van die Congress of Democrats (CoD), mnr. Ben Ulenga, onder verdenking te plaas, is besig om ʼn ongewenste uitwerking te toon.

– Rehoboth kan hom gereed maak vir ʼn reuse-ekonomiese inspuiting indien planne vir ʼn glasfabriek in die gebied ʼn werklikheid word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!