20 jaar gelede
MAANDAG 26 APRIL 2004
– Die getal beskuldigdes in die Caprivi-hoogverraadsaak het Vrydag amptelik tot 132 gestyg.
– Die sestienjarige Retief Viljoen en drie passasiers het Saterdagaand naelskraap die dood vrygespring toe hy beheer oor sy ma se voertuig verloor en teen ’n veiligheidsmuur gebots het.
– Streekraadslede en beamptes van plaaslike owerhede se optrede is Vrydag as skandalig en in baie gevalle oneties beskryf deur minister Joel Kapaanda en hy het ʼn regruk-aksie beloof om dié afdeling van burgerlike bestuur weer op die regte pad te plaas.
DINSDAG 27 APRIL 2004
– Noodleningsplanne is sedert die naweek besig met die voorbereiding van ’n onttrekkingstrategie vir die Caprivi nadat alle moontlike veiligheidsmaatreëls teen vanjaar se vloed getref is.
– Die “Blou Bul” van Namibië, lt.genl. Koos Myburgh, polisie-pionier van suidwestelike Afrika met ’n kleurryke lewe en loopbaan agter die rug, het gistermiddag in die ouderdom van 76 jaar ná ’n tweede hartaanval in Windhoek gesterf.
– Die beslissing in die saak om skadevergoeding deur Dresselhaus Transport CC teen die regering vir die verlies van ’n vrag bier na ’n ongeluk buite Tsumeb, is in die appèlhof voorbehou.
WOENSDAG 28 APRIL 2004
– Sakelui in Namibië staan steeds skepties teenoor die heersende besigheidsklimaat in die land en hul verwagtinge rakende inkomste plaas ’n demper op hul vooruitsigte om in uitbreidings of in ’n groter arbeidsmag te belê, het die Navorsingsinstituut vir Openbare Beleid (IPPR) gister gesê.
– Die landmynhonde wat tans in Angola is om landmyne uit te snuffel sal binnekort nog twee van hul hondevriende kan verwelkom.
DONDERDAG 29 APRIL 2004
– ’n Prysskok wat elke huishouding in die land gaan raak, tree eersdaags in werking nadat NamWater ’n verhoging van 12 persent in die lewering van grootmaat-water afgekondig het.
– Gister was daar nie plek vir ’n prost uit die Namibiese bierbeker toe Namibia Breweries se tussentydse finansiële uitslae bekend gemaak is nie.
– Waar is Bobby Mifima? Dit is wat die Duitse en Namibiese polisie nou wil weet nadat dié Namibiër sy borgvoorwaardes verbreek en soos ’n groot speld in Frankfurt verdwyn het.
VRYDAG 30 APRIL 20024
– Die Swapo-masjinerie, insluitende dié by Staatshuis en die nasionale intelligensiediens, is aan die rol om te verseker dat die Nujoma-gunsteling, mnr. Hifikupunye Pohamba, op 29 Mei as die party se presidensiële kandidaat bekroon word.
– President Sam Nujoma het opnuut gewaarsku dat korrupte elemente in die land se staatsdiens en semistaatsinstellings se dae getel is.
– Minstens 30 000 vrywilligers gaan Saterdag aan die spoorlyn tussen Tsumeb en Oshikango help bou as deel van vanjaar se herdenking van Werkersdag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie