No Image Caption

20 jaar gelede

MAANDAG 3 MEI 2004

– Die stryd rondom die drie presidensiële kandidate van Swapo het nou ook na streekgoewerneurs en raadslede uitgekring en byna Werkersdagvieringe by die Tsumeb-Oshikango-spoorlyn op Oniingo die naweek ontspoor.

– Die partypolitieke pap is Saterdag dik aangemaak in president Sam Nujoma se Werkersdagrede.

– Meer as vier miljoen hektaar onontwikkelde grond in 13 streke dwarsdeur Namibië is beskikbaar vir hervestiging, aldus mnr. Hifikepunya Pohamba, die minister van grond, hervestiging en rehabilitasie.

– Die stryd om die behoud van Swakopmund se geskiedkundige ou ysterpier was teen die naweek feitlik halfpad gewonne met die eerste N$2 miljoen wat vir die restourasiewerk beskikbaarbaar was.

WOENSDAG 5 MEI 2004

– Met die regering se droogtehulpprogram wat stadig maar seker einde se kant toe staan, het ʼn vloedgolf van internasionale skenkings begin om die land in te stroom.

– Die mate van welslae met die oordrag van gesag van die huidige staatshoof na ʼn nuwe presidensiële kandidaat vir Swapo sal afhang van die verantwoordelikheid waarmee uitsprake deur die party se drie aanspraakmakers op die kandidatuur en hul ondersteuners gemaak word.

– Die aanklaer-generaal het Maandag persoonlik ingegryp om beweerde skokstatistiek oor die swak werkverrigting van Windhoek se landdroshowe te kontroleer.

– Die ministerie van landbou, water en landelike ontwikkeling gaan vanjaar ten minste N$31,7 miljoen aanwend om die Groenskema ʼn hupstoot te gee en sodoende voedselsekuriteit in die land te bevorder.

DONDERDAG 6 MEI 2004

– Swapo se hoogste gesagstrukture is dringend versoek om die dreigende krisis ten opsigte van die drie presidensiële kandidate onder die loep te neem.

– Teen die einde van verlede jaar was daar tussen 9 000 en 10 000 uitstaande sake op die rolle van howe in Windhoek en Katutura alleen.

– Die strenger toepassing van regulasies ten opsigte van noodvoedselvoorsiening ten tye van droogte in die land, het veroorsaak dat mense soos me. Hileni Kagoli soms vir dae nie kos het om te eet nie.

– Bykans die helfte van die inwoners in die Caprivi het MIV/vigs en meer as 20% van diegene jonger as 19 jaar is as gevolg van die siekte wees gelaat.

VRYDAG 7 MEI 2004

– Die watervlak van die Liambezi-meer is die hoogste in die afgelope 20 jaar met water wat tussen 50 en 100 kubieke meter per sekonde die meer invloei.

– Die Caprivi-13 se aansoek om vrylating nadat hulle onwettig geherarresteer is op klagte van hoogverraad, is gister deur die hoërhof in Windhoek verwerp.

– Die 37-jarige Sean Burger, selferkende-moordenaar van me. Theresia Viljoen het sy vroeëre bekentenis oor die moord in die landdroshof gister in die Windhoekse Hoërhof bevestig.

– Die minister van arbeid, mnr. Marco Hausiku, sê die nuwe arbeidswet moet so gou as moontlik geïmplementeer word om sodoende arbeidskonflikte tot ʼn minimum te beperk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!