No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 10 MEI 2004

– Air Namibia het ʼn deurbraak gemaak met die verkoop van sy Boeing 747-400 Combi deur ʼn ooreenkoms van verstandhouding met ʼn internasionale erkende lugredery te sluit.

– Die poppe dans in die geledere van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers met duidelike tekens van verdeeldheid oor wié die NUNW as Swapo se presidensiële kandidaat moet steun.

– Waterbronne in Namibië is beperk en loop die gevaar om uitgeput te raak as gevolg van die toename in die bevolking.

DINSDAG 11 MEI 2004

– Indien die hooggeregshof beslis dat Namibië nie jurisdiksie het om die Caprivi-13 op hoogverraad en ander klagte te vervolg nie, sal hulle bevry móét word.

– Die geldbom rondom televisielisensies wat volgens wet verpligtend aan die NBC betaal moet word, het gebars.

– ʼn Beroep is op die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) gedoen om vorendag te kom met die presiese aantygings wat teen sommige van die aanspraakmakers op Swapo se kandidatuur vir die presidensiële verkiesing gemaak word en dat die name van diegene wat vir die smeerveldtogte verantwoordelik is se name genoem word, sodat hulle daarvoor kan pa-staan.

WOENSDAG 12 MEI 2004

– Vanaand is dit weer sulke tyd en uitstallers van Namibië, die Suider-Afrikaanse streek en die buiteland, kry die geleentheid om aan die publiek te toon hoeveel moontlikhede en rykdom in die Namibiese toerismebedryf opgesluit is wanneer die Namibia Holiday & Travel Expo sy hekke vir genooide gaste open.

– Die dieperwordende verdeeldheid in Swapo-geledere oor die party se genomineerde kandidate vir die presidensiële verkiesing het gister sy kop ook in die Nasionale Raad (NR) uitgesteek.

– Ondanks seker probleme wat vanjaar met die nasionale droogtehulpprogram ervaar is, het bykans 160 000 huishoudings reeds voordeel uit dié projek getrek, terwyl meer as 10 000 metrieke ton mieliemeel aan begunstigdes versprei is.

DONDERDAG 13 MEI 2004

– Minstens ses mense het gistermiddag tydens ʼn gru-ongeluk, ongeveer 30 kilometer buite Otavi, op die pad na Otjiwarongo gesterf.

– Dit gons sedert gister in die blanke boeregemeenskap toe aangekondig is dat minstens drie kommersiële plase deur die staat onteien gaan word.

– Boere moet deeglik besin alvorens enige stappe teen werknemers gedoen word en moet hulle daarvan weerhou om die reg in eie hande te neem.

VRYDAG 14 MEI 20024

– Minstens 15 kommersiële plase, waarvan die meeste aan buitelanders behoort, is tot dusver op die regering se lys vir onteiening.

– Duisende Namibiërs en Zambiërs het gisteroggend op die wal van die Zambezirivier saamgetrek om nog ʼn geskiedkundige oomblik in die sosioëkonomiese ontwikkeling van dié twee lande te aanskou.

– Met die herdenking van die verjaardag van Florence Nightingale, die stigter van die verpleegberoep, is internasionale verpleegstersdag die week wêreldwyd gevier.

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!