20 jaar gelede
MAANDAG 17 MEI 2004
– Breër partyverteenwoordiging is die een kenmerk van Vrydag se munisipale verkiesings in 44 plaaslike owerhede dwarsoor die land.
– Die regering het die naweek ʼn ernstige beroep op kalmte in die land gedoen nadat daar begin is met die proses van onteiening van kommersiële plase.
– ʼn Boosdoener wat reeds ʼn geruime tyd in die Kalkfeld-omgewing amok onder toeriste veroorsaak, Festus Hamukwaya (29), is Vrydagaand doodgeskiet ná sy laaste rooftog op die plaas Okahio misluk het.
DINSDAG 18 MEI 2004
– Skaars ʼn week nadat ses mense grusaam in ʼn motorongeluk naby Otavi gesterf het, het sewe mense gister naby Ondangwa in ʼn soortgelyke ongeluk die lewe gelaat.
– Die tweede stop om te verhoed dat Swapo groter beheer oor dorpsrade landswyd kry, is gister by wyse van die ondertekening van ʼn ooreenkoms tussen opposisiepartye geneem.
– Hoewel MIV/vigs onder die werknemers van Namdeb stelselmatig styg, is die aantal mense wat aan dié siekte ly laag.
WOENSDAG 19 MEI 2004
– Die National Unity Democratic Organisation (Nudo) dring aan op ʼn herhaling van die tussenverkiesing vir die Otjinene-kiesafdeling en gee die verkiesingskommissie skuld vir die tekort aan stembriewe wat dié verkiesing Vrydag tot ʼn stilstand gedwing het.
– Swapo se streekraadslid vir die Rehoboth-Oos kiesafdeling, mnr. Alfred Stephanus Dax, moes gister N$5 000 betaal om nie ʼn dag in polisieselle op die dorp deur te bring nie.
– Die 50-jarige Suid-Afrikaner, Carl Brune, wat Standard Bank Namibia sewe jaar gelede ʼn verlies van honderde duisende Namibiese dollars laat ly het, het in die Windhoekse hoërhof skuld op klagte van bedrog erken.
– Die kantoor van die president het in die Windhoekse hoërhof ingestem om nie onmiddellik beslag te lê op die pensioen van ʼn oudwerknemer wat na bewering N$400 000 skuld nie.
VRYDAG 21 MEI 20024
– Die proses van grondhervorming in Namibië het vandeesweek weer hoog op die openbare agenda beland met die eerste minister wat onteiening van blanke plase heftig verdedig het, tesame met die Nederlandse regering se waarskuwing dat ʼn volksgroep se toekoms nie verwoes moet word om griewe van die verlede aan te spreek nie.
– Swapo se gewildheid op Grootfontein het met sowat drie persent afgeneem en ten spyte van ʼn lae stempersentasie het die regerende party een van sy setels met die afgelope Vrydag se munisipale verkiesing afgestaan.
– ʼn Informele kompetisie tussen kuberkrakers op die internet om te sien wie die meeste webwerwe kan besoedel en beskadig, het onlangs tot in Namibië gevorder en taamlike ernstige skade aangerig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie