20 jaar gelede
MAANDAG 14 JUNIE 2004
– Die Woermann Brock-kompleks gaan in sy volheid herrys uit die puin van ʼn hartkamer van Swakopmund se sentrale sakegebied wat Vrydagmiddag deur ʼn brand verwoes is.
– Die berugte Jones-broers se lewens is waarskynlik gered deurdat twee polisie-spoorsnyers hulle Saterdag teen die hange van die Visrivierspoelvallei vasgekeer het.
– President Sam Nujoma het met die lê van die eerste spoorstaaf van die Tsumeb-Oshikang-spoorlyn ʼn aanval op kerkgroepe in die land geloods.
DINSDAG 15 JUNIE 2004
– Die Swapo-vloedgolf van verset oor verlede week se Gobabis-beraad van blanke boere woed voort.
– Gevegslyne is op twee vastelande getrek in ʼn stryd om die florerende Namibiese toerismemark met Lufthansa wat op 1 November met drie vlugte per week sy terugkeer tot Namibië maak.
– Die sluiting van ʼn Windhoekse kleuterskool na enkele gevalle van breinvliesontsteking (meningitis) is ʼn voorsorgmaatreël en dui nie op ʼn omvangryke uitbraak van die siekte nie.
WOENSDAG 16 JUNIE 2004
– ʼn Klag van dronkbestuur teen die adjunk-aanklaer-generaal is deur die polisie na die aanklaer-generaal se kantoor vir beslissing verwys.
– Swapo se vakbondfront sukkel nog steeds om die opvolgingspook te begrawe.
– Wetgewing vir die reël en hou van verkiesings in Namibië het in ʼn regskookpunt beland oor die nodigheid vir die stel van politieke kandidate vir ʼn verkiesing – selfs op ʼn partylys.
– Regsadvies gaan ingewin word by die kantoor van die prokureur-generaal om vas te stel of munisipale rade sonder ʼn onderburgemeester mag funksioneer.
DONDERDAG 17 JUNIE 2004
– Terwyl die opstand van swart leerlinge teen die onderwysstelsel in 1976 in Soweto (Suid-Afrika) gister herdenk is, het leerlinge van die Sêkondere Skool Swakopmund ʼn protesaksie gereël om hul ontevredenheid uit te druk met die toestande wat in dié skool se koshuis heers.
– Met die proses om kommersiële plase in die land te onteien nou in volle gang, het president Sam Nujoma gisteraand opnuut verseker dat regverdige vergoeding soos bepaal deur ʼn amptelike waardeerder in elke geval van grondvervreemding betaal sal word.
– ʼn Groep van sowat 150 kommersiële lewendehaweprodusente uit die suidelike dele van Namibië het ʼn reuse-inisiatief van stapel gestuur wat onder meer die oprigting van ʼn nuwe slagpale vir groot- en kleinvee wat aan Europese standaarde sal voldoen, insluit.
VRYDAG 18 JUNIE 20024
– ʼn Bewapende vaartuig van die Namibiese vloot vaar sedert gister volstroom na Lüderitz om te verhoed dat ʼn Spaanse vissersboot, wat in die hawe deur die owerheid in beslag geneem is, na die oop see ontsnap.
– Die Swapo-jeugleier, mnr. Paulus Kapia, het gister sy visiere op die regering gestel en wild geskiet op die staat se hantering van tenders en die “kameraderie” wat met invloedryke blanke sakemanne in die land gehandhaaf word.
– Alle onduidelikheid oor die Republikeinse Party (RP) se posisie oor grondhervorming, die onteieningsprogram van die regering en misverstande oor die party se gesindheid teenoor die Namibiese Landbou-unie (NLU) sal vandag op ʼn vergadering op Otjiwarongo uit die weggeruim word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie