20 jaar gelede
MAANDAG 28 JUNIE 2004
– Drie gemeenskappe in nood vergader vanaand in ’n koorsagtige poging om ramptoestande op Usakos en Karibib af te weer wat gaan intree wanneer die twee dorpe sonder krag gelaat gaan word.
– ’n Tydelike ooreenkoms tussen die Okakarara-dorpsraad, NamWater en NamPower het verhoed dat die dorp se krag- en watervoorsiening tydelik opgeskort is.
DINSDAG 29 JUNIE 2004
– Dagga met ’n waarde van byna ’n miljoen dollar is die afgelope naweek deur twee van die polisie se spesiale ondersoekeenhede in beslag geneem.
– Namibië se taxi’s is ’n doring in die vlees van menigte en net so die daaglikse misbruik van staatsvoertuie wat die skelnaam as “groen nommerplaat-taxi’s” gekry het.
– Die sterk interstaatlike betrekkinge wat tussen Namibië en Amerika bestaan, is verlede week voor die Senaat in Washington beklemtoon saam met die VSA se voorneme om Namibië te help om ’n rolmodel van demokrasie en bestendigheid in Afrika te word en ’n verskansing teen agteruitgang in die streek te vestig.
WOENSDAG 30 JUNIE 2004
– Net laaste desperate pogings deur sakelui en inwoners van Usakos en Karibib self kan verhoed dat NamPower vandag sy kragtoevoer na dié gemeenskappe staak.
– Die klag van beweerde dronkbestuur teen die adjunk- aanklaer-generaal is nog nie vir oorweging aan die kantoor van die aanklaer-generaal oorhandig nie en as die onduidelikheid oor prosedure die maatstaf moet wees, gaan dit ook nie gou gebeur nie.
– ’n Nuwe permitstelsel vir sekere invoere van landbouverwante produkte wat stil-stil op 1 Junie in werking gestel is, het sy eerste slagoffers geëis met winkelrakke op Oranjemund en Rosh Pinah wat leeg staan.
DONDERDAG 1 JULIE 2004
– Drastiese verligtingsmaatreëls is moontlik op pad vir bykans 800 plaaseienaars in Namibië wat van Agribank se regstellende aksie-leningskema (Aals) gebruik gemaak het.
– Die busdiens van Windhoek wat daagliks derduisende werkers by hul werksplekke besorg, is besig om in duie te stort met jaarlikse verliese van etlike miljoene.
– Die tekort aan geneeshere by die distrikshospitaal op Tsumeb waar gemiddeld 300 pasiënte op ’n daaglikse grondslag deur die superintendent versorg word, sal binne die volgende twee weke opgelos wees.
VRYDAG 2 JULIE 2004
– Die stadsraad van Windhoek het ’n beroep op die sentrale regering gedoen deur die ministerie van streek- en plaaslike owerhede en behuising, om ernstige oorweging te skenk aan die subsidiëring van munisipale dienslewering as ’n gesamentlike verantwoordelikheid aan armes en kwesbare inwoners.
– Die vlieënde staatsamptenaar wat verlede week op pad na ’n slypskool oor die misbruik van staatsvoertuie in hegtenis geneem is omdat hy sy GRN-voertuig as ’n taxi gebruik het, is blykbaar nog steeds in die staatsdiens ondanks ’n ellelange rekord van misbruik.
– ’n Verhoging van 6% in die tariewe op basiese kragtoevoer en 7% per eenheid krag wat deur Windhoekers gebruik word, het gister in werking getree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie