20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 5 JULIE 2004

– Die regering het in ‘n geskiedkundige stap begin met regsprosedure om geld terug te eis wat

weens beweerde wanbestuur en korrupsie deur kommissies van ondersoek blootgelê is.

– Onderwysers sal nie die 68 dae verlof wat vir ‘n trimester se rus moet vergoed op een slag

kan benut nie.

– Swapo het die naweek bevestig dat grondhervorming oor die volgende vier maande een van

die hoofspeke in die wiel van sy kiesveldtog sal wees.

DINSDAG 6 JULIE 2004

– Skole en ondernemings op Okakarara staar ‘n waterkrisis in die gesig ná die laaste

beskikbare water in die dorpsraad se tenk vandag opgebruik gaan word.

– Botswana se appèlhof hoor môre Namibië se argumente aan oor die uitlewering van nog 13

vermeende Caprivi-afstigters wat in 1999 asiel in dié land ontvang het.

– Onderhandelinge om die winsgewende Amerikaanse mark oop te stel vir die uitvoer van

Namibiese tafeldruiwe en vleis, is onderweg.

WOENSDAG 7 JULIE 2004

– Die moordenaar van mnr. At Liebenberg en sy seun Coenrad Jacobus Liebenberg van die

plaas Sandpforte in die distrik Maltahöhe, is tot 57 jaar gevangenisstraf gevonnis.

– Novanam Lüderitz en die land is N$9,5 miljoen armer ná sowat 400 werkers verlede week hul

werkstuie op die hawedorp neergegooi het.

– ‘n Hittegloed van sekondes was so geweldig dat ‘n werker in ‘n droogdok van die Walvisbaaise

hawe gesterf, nog drie beseer en staalbanke van ‘n voorradeboot van ‘n olieboor op see

gebuig het.

DONDERDAG 8 JULIE 2004

– Die Europese Unie (EU) gaan miljoene dollars inpomp in projekte in Namibië wat met die

proses van grondhervorming verband hou.

– Minstens vyf gevalle van verkragting waarvan vier van die slagoffers 16 jaar en jonger is, is

sedert die aanvang van die afgelope naweek by die polisie in die land aangemeld.

– Ligte reënbuie wat plek-plek met hael gepaard gegaan het, het gister op verskeie plase in die

omgewing van Kalkrand en Mariental geval.

VRYDAG 9 JULIE 2004

– Namibiese motorryers gaan aanstaande week met ‘n verhoging van byna 30 sent per liter

gestraf word vir die uitsonderlike hoë pryse van ru-olie die afgelope paar weke.

– Skole en koshuise op Mariental staar Maandag droë waterkrane en duisternis in die gesig

indien die agterstallige rekening van die ministerie van basiese onderwys, sport en kultuur

aan die munisipale owerheid nie vereffen word nie.

– Familielede van Elifas Nankundi, wat vroeg Woensdagoggend deur ‘n polisiebeampte in die

kop geskiet is, het gister te vergeefs voor die landdroshof in Katutura gewag om die

beskuldigde in die saak te sien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!