20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 12 JULIE 2004

– Walvisbaai het ’n plek van snellerverskriktes geword, waar mense veral ná donker roekeloos skote met vuurwapens afvuur.

– Oshakati was die arena waar twee van Namibië se prominentste senior burgers en rolspelers in die politieke en sakewêreld mekaar die stryd oor swart ekonomiese bemagtiging (BEE) aangesê het.

DINSDAG 13 JULIE 2004

– Die geheim is uit! Rodriguez, wat as een van die wêreld se geheimsinnigste en misterieuste musikante beskou word, is in Namibië en besig om voor te berei vir die grootste rock-opskop van die jaar.

– Nog ’n monument van swart bemagtiging in Namibië, die !Uri !Khubis-abattoir, het geval.

– Krisisbestuur en onbeplande uitgawes kan die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) aan die einde van vandeesmaand met meer as N$22 miljoen in die rooi laat.

WOENSDAG 14 JULIE 2004

– Namibiese sakelui is vasgevang in ’n konserwatiewe sakekultuur kenmerkend van vóór onafhanklikheid wat die nasionale ekonomiese groei ondermyn.

– ’n Voormalike lid van die spesiale veldmag van die Namibiese polisie wat ’n 32-jarige burgerlike oor ’n glas tradisionele bier met ’n AK47 deur die bors geskiet het, is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

DONDERDAG 15 JULIE 2004

– Grondhervorming alleen gaan nie Namibië se ekonomiese stryd oplos nie.

– Direkte inmenging deur Staatshuis het ’n suksesvolle Air Namibia laat verlede week teruggeplaas op die smartpad van finansiële verdoemenis.

– ’n Sersant in die Namibiese polisie wat na bewering ’n taxibestuurder in ’n woedebui met ’n dienspistool by die ingang van die Ramatex-tekstielaanleg doodgeskiet het, se borgaansoek is van die hand gewys.

VRYDAG 16 JULIE 2004

– Dwelms ter waarde van byna N$4 miljoen het gister tydens ’n vernietigingsoperasie van die dwelmeenheid van die polisie in vlamme opgegaan.

– Die bestuur en direksie van Air Namibia, bygestaan deur die ministerie van finansies, het pres. Sam Nujoma se vrese rondom die verkoop van die omstrede Boeing 747-400 Combi ter elfder ure besweer en só verhoed dat die transaksie deur die mat val.

– Die dokumente in die saak teen die 12 bykomende vermeende Caprivi-afstigters is nog nie aan die beskuldigdes openbaar gemaak nie.

Kommentaar

Republikein 2024-08-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: NovaVit Griffons 7 vs 59 Suzuki Griquas Premier League: Leicester City 1 vs 1 Tottenham Hotspur | Chelsea 0 vs 2 Manchester City | Brentford 2 vs 1 Crystal Palace LaLiga: Villarreal 2 vs 2 Atletico Madrid | Real Valladolid 1 vs 0 Espanyol | Mallorca 1 vs 1 Real Madrid | Real Sociedad 1 vs 2 Rayo Vallecano SerieA: Juventus 3 vs 0 Como | Lecce 0 vs 4 Atalanta | SS Lazio 3 vs 1 Venezia | Cagliari 0 vs 0 AS Roma | Hellas Verona 3 vs 0 Napoli | Bologna 1 vs 1 Udinese European Championships Qualifying: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday English Championship: Sunderland 4 vs 0 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 11° | 32° Eenhana: 13° | 34° Oshakati: 14° | 33° Ruacana: 13° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 11° | 28° Henties Bay: 12° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:21, High tide: 04:28, Low Tide: 22:50, High tide: 16:48 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:26, Low Tide: 22:48, High tide: 16:46 Walvis Bay: 13° | 25° Wind speed: 40km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:19, High tide: 04:25, Low Tide: 22:48, High tide: 16:45 Rehoboth: 8° | 28° Mariental: 10° | 30° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 10° | 30° Lüderitz: 13° | 30° Ariamsvlei: 7° | 25° Oranjemund: 10° | 33° Luanda: 19° | 21° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 7° | 17° Maseru: 6° | 22° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 17° | 24° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 8° | 18° Durban: 15° | 20° Johannesburg: 13° | 25° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 15° | 29° Harare: 12° | 28° #N/A #N/A