20 jaar gelede
MAANDAG 19 JULIE 2004
– Verreikende maatreëls is Vrydag deur die Bank van Namibië aangekondig wat tot ’n vryer ekonomie met meer vergunnings aan beleggers sal lei.
– ’n Afvaardiging van die Namibiese Raad van Kerke (CCN), vergesel van tradisionele leiers, streekraadslede en Elcin-pastore, gaan die geteisterde Etunda op 1 Augustus besoek om ondersoek in te stel na die raaiselagtige verskynsels en vreemde sterftes in dié gebied.
DINSDAG 20 JULIE 2004
– Kommunale boere tesame met duisende diere wat afhanklik is van water uit die hoofwaterpyplyn vanaf Berg Aukas tot by Waterberg, staar moontlike droë krane in die gesig.
– Die polisie se eenheid vir ernstige misdaad het sy suksessyfer in die ondersoek van plaasmoorde tot 100% opgestoot, toe twee verdagtes wat byna 22 maande op vrye voet was verlede week in speurders se vangnet vasgetrek is.
– Goeie vordering word met die bouwerk aan die verlening van Robert Mugabeweg in Windhoek gemaak.
WOENSDAG 21 JULIE 2004
– Christie van Wyk sal beslis nie by vanjaar se Olimpiese Spele in Athene vir Namibië in die wegspringblokke sak nie.
– Die totale uitstaande skuld van plaaslike owerhede aan NamWater beloop sowat N$63 miljoen, ten spyte van verskillende weë wat die waterkorporasie reeds gevolg het om dié skuld in te vorder.
– Nuwe ontwikkeling in die suide van Namibië plaas groot druk op die land se reeds skaars waterbronne.
DONDERDAG 22 JULIE 2004
– Huismoleste het gisteroggend in die staatswoning van Namibië se adjunk- eerste minister, kaptein Hendrik Witbooi, losgebars toe ’n huishoudster summier in die pad gesteek is.
– Die hooggeregshof het regter Elton Hoff se omstrede kwytskelding van 13 vermeende Caprivi-rebelle met ’n meerderheidsbeslissing van een opinie ongeldig verklaar.
– Wanneer die Nasionale Vergadering op 17 Augustus sy werksaamhede hervat, lê ’n moeilike tydjie vir wetgewers voor met heelwat wetgewing en die bykomende begroting wat aansienlik vroeër as vorige jare voor die Huis sal moet dien.
VRYDAG 23 JULIE 2004
– Die polisie op Rehoboth ondersoek ’n klag van moord ná ’n inwoner van die dorp in die Katutura-hospitaal in Windhoek gesterf het.
– ’n Dissiplinêre verhoor aanstaande week sal waarskynlik die bepalende faktor rakende die toekoms van die voormalige dorpsekretaris van Bethanie, mnr. Ronald Windswaai, wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie