20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 26 JULIE 2004

– ’n Koperverwerkingsaanleg by die Tschudi-myn naby Tsumeb en ’n soortgelyke aanleg op Walvisbaai is op die tafel ná Namibië, Zambië en die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) Vrydag ’n ooreenkoms van samewerking onderteken het.

– Usakos se gemeenskap is nog sowat N$3,9 miljoen aan die munisipaliteit verskuldig.

DINSDAG 27 JULIE 2004

– ‘n Vrou van Oshikango is verlede week byna doodgeslaan ná gerugte dat gifmoordenaars steeds in die verre noorde van die land met die stelselmatige uitwissing van hul medemens besig is.

– ’n Vrou van Walvisbaai, volgens beweringe op die ongelukstoneel die ma van een kind, het gistermiddag by Myl 14 gesterf toe twee voertuie reg van voor gebots het.

– Die regspan van die 70 vermeende huursoldate wat in Zimbabwe aangehou word, is hoopvol dat die mans se verhoor vandag ’n aanvang sal neem en dat die saak “uiteindelik op koers sal kom”.

WOENSDAG 28 JULIE 2004

– Die Namibiese regering sal op 9 Augustus sowat N$32 miljoen aan boere uitbetaal vir lewende hawe wat verlede jaar weens die droogtetoestande van die hand gesit moes word.

– Air Namibia se Boeing 747-400-combi is gister, ná weke van onderhandeling, in London verkoop.

– Motoriste moet hulself tot in 2006 vir aansienlike verhogings in alle vervoerheffings staal.

DONDERDAG 29 JULIE 2004

– Swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming is nasionale prioriteite en die regering sal dit ferm en vasberade nastreef, het die eerste minister, mnr. Theo-Ben Gurirab, gister gesê.

– Die nuwe wette op lugvaartveiligheid wat in Namibië van krag geword het ná die 11 September-terreuraanval, veroorsaak dat daagliks op duisende mense se besittings by lughawens beslag gelê word.

– Namibiese handelaars in vars vrugte en groente mag vanaf 1 Oktober nie dié produkte invoer alvorens hulle nie ’n minimum van drie persent daarvan plaaslik aangekoop het nie.

VRYDAG 30 JULIE 2004

– ’n Olifantkalf was gisteraand in die goeie sorg van personeel van die Brandberg White Lady Lodge nadat hy mense op sy eerste lewensdag uit alle windrigtings laat jaag het om tot sy redding te kom.

– Die beskikbaarheid van gelyke mediese dienste vir die ganse Namibië midde beperkte geldelike bronne, gaan aangespreek word wanneer die Mediese Kongres van Namibië teen die einde van Augustus die grootste saamtrek van die mediese wetenskap op Swakopmund gaan wees.

– Bykans 60 000 Namibiese kinders het die afgelope ses jaar gebaat by ’n skoleprogram oor kindermishandeling, huishoudelike geweld en MIV/vigs.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!