20 jaar gelede
MAANDAG 23 AUGUSTUS 2004
– Die jong sensasie van die Omushimboti-nedersetting, Paulus Ambunda, lei in Athene die land se terugvegpoging na die Olimpiese podium nadat hy ’n plek in die harte van internasionale boks oopgeveg en bokskenners met sy durf en deursettingsvermoë in vervoering gehad het.
– Die Swapo-president, mnr. Sam Nujoma, het die slepende stryd teen die voorsitter van die Nasionale Raad, mnr. Kandy Nehova, rondom die Ongwediva-debakel verloor en terselfdertyd die aftog geblaas teen die gifskrywer wat die partyleierskap die afgelope weke teister.
– Die greep op Namibië weens welddadige misdaad sal beslis ’n negatiewe invloed op die land se toerismebedryf hê.
DINSDAG 24 AUGUSTUS 2004
– Alhoewel Namibië in die algemeen kwessies van armoede aangespreek het, is genoeg regstreekse aandag en fokus nie daarop geplaas nie.
– ’n Wapeningsplan vir die Namibiese vloot, teen ’n prys van bykans N$278 miljoen, vaar môreoggend die Walvisbaaise hawe binne saam met ’n korvet wat deur die Brasiliaanse vloot aan Namibië geskenk is.
– Die lewering van water kan nie gratis gedoen word nie en Namibiërs moet besef dat hulle finansieel tot dié diens moet bydra.
WOENSDAG 25 AUGUSTUS 2004
– Die hoop van die ganse Namibiese nasie op glorie in Athene, rus vandag op die vooraand van Heldedagvieringe in die dinamietvuiste van ’n jong bokser van Omushimboti en ‘n legendariese naelloper aan die einde van ‘n Olimpiese loopbaan.
– Ondanks prokureurs in die Caprivi-hoogverraadverhoor se verset teen die etikettering van hul kliënte as “rebelle”, was die staat, sy getuies en selfs die verdediging gister steeds verstrengel in dié polities gelaaide begrip.
– Vrye en regverdige verkiesings in Namibië is buite die kwessie vanweë eensydige beriggewing en die wyse waarop die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) opposisie politieke partye afskeep.
VRYDAG 20 AUGUSTUS 2004
– Namibië se naellooplegende, Frankie Fredericks, het gisteraand in die Olimpiese arena sy status as een van die grootste 200 m-naellopers van alle tye bevestig toe hy op 36-jarige ouderdom die afstand in ’n tyd van 20,14 sekondes afgeblits en die vierde plek behaal het.
– Nog drie aanvalle deur weskus-tsotsi’s in ’n volgende rondte tussen regsplegers en boewebendes het op Swakopmund gelei tot versterkings in die stryd teen misdaad.
– Skelmstreke waarmee die inwoners van die noordelike streke van die land om die bos gelei word sodat diewe met hul hardverdiende geld kan wegstap, het daartoe gelei dat die polisie mense amptelik teen die soort misdaad waarsku.
– ’n Totaal van 97 skote het geklap toe die vermeende Caprivi-rebelle in die vroeë oggendure van 2 Augustus 1999 probeer het om die polisiestasie op Katima Mulilo te beset.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie