No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 30 AUGUSTUS 2004

– Die skorsing van die besturende direkteur van Nored, mnr. Martin Heita, is voor die naweek in omstredenheid gedompel nadat die wettigheid van die samestelling van dié maatskappy se direksie bevraagteken is.

– Honderde besoekers aan die sentrale kusgebied en verwante Namibstreke was die naweek voor ’n keuse om die Namib-Naukluft Park of onwettig te besoek of van hul toerprogramme af te wyk ná ’n eensydige opskorting van permituitreikings deur die toerisme-instansies Walvis i en Namib i.

– Die belange van die gemeenskap in die vonnis teen die Adolf Heidenreich-moordenaars is ’n faktor wat ’n rol moet speel en die hof moet ernstige oorweging hieraan verleen.



DINSDAG 31 AUGUSTUS 2004

– ’n Wetsontwerp wat voorsiening gaan maak vir vergoedingspakkette vir senior politieke ampsdraers en regters gaan voor die 15de van aanstaande maand in die parlement ter tafel gelê word.

– Die losse sedes van Namibiërs veral ten opsigte van losbandigheid, dwelm- en drankmisbruik en die verval van tradisies en gebruike, het tot ’n heftige teregwysing deur die staatspresident, mnr. Sam Nujoma, gelei.

– Die gekibbel oor die restourasie van Swakopmund se ou ysterpier het ’n volgende rondte bereik met die stadsraad wat in beweging gekom het, maar net oor die deel van die kaai naaste aan die strand.



WOENSDAG 1 SEPTEMBER 2004

– Windhoek se stadspolisie kan nog voor die einde van hierdie jaar ’n werklikheid word.

– Plaaslike farmaseutiese groothandelaars is “elke uur en minuut van die dag” besig om met vervaardigers van medisyne in Suid-Afrika te onderhandel in ’n poging om te keer dat die nuwe prysbeheerstelsel in dié land, wat daarop gemik is om medisyne goedkoper aan Jan en alleman te lewer, in Namibië ’n krisis veroorsaak.

– Die polisie in die Noorde het sedert die begin van die afgelope naweek drie vroue op klagte van die moord en poging tot moord van hul pasgebore babas in hegtenis geneem.



DONDERDAG 2 SEPTEMBER 2004

– ’n Nagtelike drama het hom Dinsdag in Zürich afgespeel toe die span van Air Namibia wat in Switserland was om die tydelike vervangingsvliegtuig vir die Boeing 747-400 Combi te gaan haal, nie toestemming kon kry om op te styg nie.

– Kommersiële grondeienaars het vanaf vandag drie weke om beswaar aan te teken teen die regering se voorlopige waardasie van hul eiendomme.

– Probleme met Otavi se nagkar het die week vir ’n probleem van ’n onaangename aard op die dorp gesorg.



VRYDAG 3 SEPTEMBER 2004

– Die regering gaan aanstaande jaar die krane vir gratis voedsel stywer toedraai om sodoende behoeftiges minder afhanklik van aalmoese te maak.

– Namibië se land- en landboubank is weer leierloos.

– Die sterkste moontlike protesoptrede waaroor lede van die opposisie beskik, is gister deur ’n byna verenigde front uitgevoer, toe die DTA/UDF-koalisie en die Kongres van Demokrate (CoD) tydens die vraesessie in die Nasionale Vergadering uitgestap het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!