No Image Caption

20 jaar gelede

Vrydag 6 September
Mandy Rittmann
MAANDAG 6 SEPTEMBER 2004

– Die regering gaan hom binne die volgende 24 uur vasloop in ’n regsuitdaging nadat die raad van AgriBank besluit het om nie gehoor te gee aan ’n eis deur die minister van finansies dat hulle moet bedank nie.

– Die Staatshuis-sage in Auasblick het Vrydag ’n onverwagse kinkel in die kabel gekry toe die Padkontrakteursmaatskappy (RCC) ’n blok van 20 aanliggende erwe in dié weeldebuurt vir kort duskant N$9 miljoen gekoop het.

– Die 27-jarige Linus Kashona, ’n beweerde lid van ’n roofbende wat gedurende Oktober verlede jaar die agentskap van NamPost op Ongwediva aangeval en ’n polisiebeampte doodgeskiet het, het uit polisie-aanhouding ontsnap.



DINSDAG 7 SEPTEMBER 2004

– Namibiërs, saam met die inwoners van 14 ander Afrika-lande, ag nie grondhervorming as ’n nasionale prioriteit van hul regerings nie.

– Die vermeende Caprivi-rebelle het gister op dramatiese wyse met hul eie prokureurs koppe gestamp toe van hul regsverteenwoordigers opnuut vir uitstel gevra het.

– Inwoners van die informele woonbuurt van Ongwediva in die Oshanastreek is verlede week aangemoedig om vir droogtehulpbystand te registreer, terwyl die regulasies van dié program bepaal dat gemeenskappe in landelike gebiede nie vir droogtehulp kwalifiseer nie.



WOENSDAG 8 SEPTEMBER 2004

– Die AgriBank-debakel is gistermiddag in sy spore gestuit met ’n politieke skuif van regeringskant af om die Landboubank Wet verder te wysig.

– Die probleme wat plaaslike owerhede ondervind, het gister in die Nasionale Vergadering gaan draai met die minister van streek- en plaaslike regering en behuising, mnr. Joel Kaapanda, wat ’n ministeriële verklaring in dié verband voorgelees het.

– Die man wat aan stuur van sake gestaan het tydens die suksesvolle implementering en uitvoering van die regering se regrukstrategie van die eens bankrot nasionale lugredery, se toekoms is in die weegskaal.



DONDERDAG 9 SEPTEMBER 2004

– Namibië huiwer op die drumpel van internasionale verleentheid oor die onmenslike behandeling van immigrasiewerkers uit Bangladesj wat aan die voorspits van die multimiljoen-tekstielaanleg, Ramatex, staan.

– Met landbou, die grootste enkele werkverskaffer in Namibië wat werksgeleenthede aan meer as 70 persent van die bevolking verskaf en 80 persent van inkomste uit die landbousektor wat deur lewende hawe verdien word, kan aktiwiteite wat die sektor nadelig raak, as ekonomiese sabotasie beskou word.

– Die hoërhof het gister geweier om die Caprivi-hoogverraadsaak met nog vier weke uit te stel.



VRYDAG 10 SEPTEMBER 2004

– Die Namibiese hoë kommissaris in Maleisië, mnr. Neville Gertze, wat onlangs met ’n ambassadeurspos beloon is vir sy hardnekkige toewyding om die Ramatex-belegging voor die neuse van verskeie Suider-Afrikaanse belangstellendes vir Namibië weg te raap, het noue familiebande met die agent wat vir Oosterse gasarbeiders huisvesting in Namibië moet reël.

– Growwe finansiële oorbesteding en reuse-bedrae aan uitstaande reis- en verblyfgeld kenmerk die geldsake van die Namibiese polisie.

– Ongelykhede in die onderwys het aansienlik afgeneem, maar werkloosheid, veral onder die jeug, armoede en lae ekonomiese groei is steeds ’n kopseer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!