20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 13 SEPTEMBER 2004

– Die geduld van Ramatex se Bangladesjiese werkers om onder haglike omstandighede te woon, het Vrydag opgedroog en die polisie het hul hande vol gehad om geweldpleging by die Windhoek-Wes-huis te voorkom.

– Die implementering verlede week van die Namibiese maksimumpryslys (NMPL) en die aanvaarding van die Suid-Afrikaanse enkele afsetpryse vir medisyne (SEP), is ‘n “absolute katastrofe vir aptekers”.

DINSDAG 14 SEPTEMBER 2004

– Swakopmund word gyselaar gehou deur ’n stuk of vyf bendes van wie die drie verdagtes in die moord op Alexandra Mooren (44) maar een groep is.

– Twee jong meisies wat betrap is toe hulle skoene in ’n winkel op Oshakati wou steel, het ’n polisieman en sy broer agter tralies laat beland weens beweerde verkragting en roof.

– Die Ondangwa-dorpsraad het ’n advieskomitee van 22 lede saamgestel wat die dorpsraad sal adviseer oor die ontwikkeling van die dorp.

WOENSDAG 15 SEPTEMBER 2004

– Migrasiewerkers uit Suidoos-Asië leef steeds in onveilige en haglike toestande in ander huise in die Namibiese hoofstad, ten spyte van die skokonthullings wat tot die deportasie van 372 Bangladesjers aanleiding gegee het.

– Die regering se vae beleid oor grondhervorming eis nie net sy tol op Namibië se landbousektor nie, maar kalwe verbete weg aan verwante bedrywe tot op voetsoolvlak, het FNB Namibia Holdings gister gewaarsku.

– ’n Slinkse wyse waarop diewe deesdae outomatiese tellermasjienkaarte steel en terselfdertyd hul slagoffers se geheime kodes vasstel, is besig om al hoe meer by kitsbanke in Windhoek kop uit te steek.

DONDERDAG 16 SEPTEMBER 2004

– ’n Afpersingsveldtog onder die vaandel van die internasionale terroristebeweging, Al-Kaïda van Osama Bin Laden, het Namibië vandeesweek getref.

– Die interministeriële ondersoek na die Bangladesjiese debakel behoort teen vandag afgehandel te wees en ’n verslag in dié verband sal aanstaande Dinsdag op kabinetsvlak in oënskou geneem word.

– Etunda, die klein nedersetting langs die Angolese grens, is weer op hol oor spoke en spookstories.

VRYDAG 17 SEPTEMBER 2004

– Die omvang van die vermeende Al-Kaïda-brieweveldtog in Namibië het gister wyd uitgekring.

– Die Bangladesjiese-regering het verduidelikings kom soek oor die deportering van 372 van hul landsburgers uit Namibië.

– Air Namibia het finaal van sy Boeing 747-400 Combi ontslae geraak toe die maatskappy se hoofbestuurder: tegniese en operasioneel, mnr. André Compion, die vliegtuig in Hamburg, Duitsland, aan sy nuwe eienaar oorhandig het.

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!