No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 20 SEPTEMBER 2004

– Die Republikeinse Party het beroepe op en pogings tot ’n verenigde opposisie met die oog op die komende verkiesing verwerp.

– Verdeeldheid onder Swapo-geledere is besig om te verdiep in afwagting van die party se nasionale konvensie vir die opstel van ’n kandidatelys vir lede van die Nasionale Vergadering (NV).

– Die minister van werke, vervoer en kommunikasie, dr. Moses Amweelo, eis vir die tweede keer die koppe van die direksie van die beleërde Padowerheid (RA).

DINSDAG 21 SEPTEMBER 2004

– Die minister van werke, vervoer en kommunikasie, dr. Moses Amweelo, kan dalk regstappe in die gesig staar indien die direksie van die Padowerheid (RA) nie aanvaarbare antwoorde van hom verkry oor sy dreigement dat hulle ontslaan gaan word nie.

– Die eerste gevestigde gevalle van miltsiekte, ook bekend as antraks, het in die Caprivistreek voorgekom.

– ’n Dertienjarige seun van Grootfontein se naam kan binnekort in die rekordboeke van krieket opgeteken staan ná kolfwerk uit ’n ander wêreld die naweek.

WOENSDAG 22 SEPTEMBER 2004

– Namibië moet waak teen die ontduiking van ’n swart elite in sy strewe na die ekonomiese bemagtiging van voorheen agtergeblewenes, het kenners gister gewaarsku.

– Die minister van werke, vervoer en kommunikasie, dr. Moses Amweelo, het nog geen aanduiding gegee of hy bereid is om die direksie van die Padowerheid (RA) te sien nie.

– Melksake, of miskien malkoeisiekte, het gister die terugkeer van die wetsontwerp op arbeid na die Nasionale Vergadering gekenmerk toe die wetsontwerp met wysigings deur die Nasionale Raad gedebatteer is.

DONDERDAG 23 SEPTEMBER 2004

– ’n Stewige vergoedingspakket en vele byvoordele wag op pres. Sam Nujoma wanneer hy in Maart 2005 die tuig as staatshoof neerlê.

– Knap polisie-optrede het die twee aanvallers van die bejaarde Dorfling-egpaar van die plaas Vreugde naby Summerdown, in minder as 24 uur ná die misdaad in aanhouding gehad.

VRYDAG 24 SEPTEMBER 2004

– Dit gons sedert gister in die ||Kharas- en Hardapstreke waar die Karas Vleismaatskappy die reg gekry het om 250 000 kleinvee-eenhede per jaar aan die splinternuwe slagplaas op Keetmanshoop te lewer.

– Die ringkoppe van die Namibiese gemeenskap, die raad van tradisionele leiers, word vuurwapens vir persoonlike beskerming geweier.

– Dissiplinêre klagte is dié week teen die polisiebeampte gelê wat so erg onder die invloed van drank was dat hy deur twee inwoners van Oshakati na sy huis geneem moes word.

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!