20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 27 SEPTEMBER 2004

– Die registrasie van voormalige lede van die Gebiedsmag in Namibië deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Veterane Forum (SANMVF) is summier opgeskort en die wettigheid rondom dié organisasie se bedrywighede word nou deur die polisie

ondersoek.

– Die tronkdeure kan dalk agter die minister van binnelandse sake, mnr. Jerry Ekandjo, toeklap as hy nie op 29 Oktober aanvaarbare redes kan aanvoer hoekom hy nie vir minagting van die hof toegesluit moet word nie.

– Tradisionele owerhede is verlede week oor die vingers getik oor die gebrek aan samewerking met kommunale grondrade, maar is terselfdertyd versoek om inwoners aan te moedig om hul gebruiklike grondregte te registreer.

DINSDAG 28 SEPTEMBER 2004

– ‘n Bekende beesboer van Grootfontein het Saterdagmiddag ten aanskoue van honderde skougangers op dié dorp by die prysuitdelingsparade inmekaargesak en kort daarna in die hospitaal ‘n entjie daarvandaan gesterf.

– Die tempo van die registrasie van kiesers landwyd begin toeneem nadat Namibiërs die eerste twee dae traag was om vir die komende verkiesings te registreer.

– Beter bestuur van die paaie en verwante optredes is met die opening van die paaieowerheid se nuwe kantoorgeriewe op Otjiwarongo in die vooruitsig gestel.

WOENSDAG 29 SEPTEMBER 2004

– Die gebrek aan duidelike riglyne en kriteria waarvolgens die regering kommersiële landbougrond vir onteiening identifiseer, lei tot onsekerheid wat regstreeks aanleiding gee tot beleggerswantroue.

– Swapo het net twaalf vroue vir die komende streekraadverkiesing genomineer en dus jammerlik gefaal om vroue op dié vlak te bemagtig.

– Hoë regeringslui se name bly in die presidensiële kommissie van ondersoek na die Ontwikkelingsbrigadekorporasie (DBC) en Amcom se visiere opduik.

DONDERDAG 30 SEPTEMBER 2004

– Die presidensiële kommissie van ondersoek het binne drie dae en ses getuies feitlik al die senupunte raakgeboor wat verklaar hoekom Namibia Bricks Enterprise (NBE), en die enigste twee oorblywende trokke agter die

ontwikkelingsbrigadekorporasie (DBC) se lokomotief, met sy wiele in die lug lángs die spoor lê.

– Die Aziz-vesting, die Farida Hill Hotel, was gister die toneel van hartseer en ‘n emosiebelaaide afskeid met die vertrek van die agterhoede van die Bangladesjiese werkers wat in onmenslike toestande in Namibië gewoon het.

– Waarnemende hoofregter Johan Strydom, Namibië se eerste regterpresident, het die tuig na ‘n tydperk van 40 jaar in die land se regstelsel neergelê.

VRYDAG 1 OKTOBER 2004

– Die polisie se skitterrekord in die oplos van plaasmoorde was gistermiddag ongeskonde met die twee verdagte Theron-moordenaars agter slot en grendel.

– In ‘n radikale ommeswaai van die Duitse regering se standpunt oor oorlogsvergoeding aan Namibiërs, het die Duitse ambassadeur in Namibië, dr. Wolfgang Massing, gister bekendgemaak dat sy regering nou gereed is om oor dié

aangeleentheid te onderhandel.

– Swapo se hoop vir Namibië se volgende president, mnr, Hifikepunye Pohamba, het Woensdagaand sy neus opgetrek vir ‘n galageleentheid vir swart ekonomiese bemagtiging en eenvoudig nie vir sy openingsrede opgedaag nie.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!