20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 4 OKTOBER 2004

– ‘n Bydrae tot die vervoerkoste van ‘n pakkie doodsbeendere van ‘n koning uit Krugersdorp en die daaropvolgende herbegrafnis in ‘n heldeakker op Omaruru, is gister hier voorgehou as ‘n simbool van versoening en vriendskap van Duitsland ná die volksmoord van honderd jaar gelede op die Herero’s.

– Namibië het ‘n hoogs gevorderde vervalsingsnetwerk van nasionale dokumente blootgelê.

– Drie werknemers van die koerant- en drukkersgroep van maatskappye, Democratic Media Holdingsgroep (DMH), moes vir hul lewens vlug nadat ‘n onderhoud met ‘n sakeman in die Noorde suur geword het.

DINSDAG 5 OKTOBER 2004

– ‘n Komplot om van sekere senior Swapo-leiers ontslae te raak, word reeds van voor die buitengewone kongres in Mei gevoer.

– Die kommissie van ondersoek na die sake van die Ontwikkelingsbrigadekorporasie (DBC) het gister vasgestel dat die voormalige hoofbestuurder van Patriot Construction Company (PCC), mnr. Eddie Champion, N$31 963 vir ‘n privaatbesoek van president Sam Nujoma aan sy plaas van die werk geëis het.

– Die Namibiese belastingbetaler het die afgelope sewe jaar N$104 miljoen aan staatshulp in ses plaaslike politieke partye gepomp sonder dat enigiemand weet hoe die geld aangewend is.

WOENSDAG 6 OKTOBER 2004

– Die toesighoudende owerheid van Namibiese finansiële instellings, Namfisa, het gister ‘n dringende aansoek by die hoërhof ingedien om die besigheid van Legal Shield Namibia onder tydelike kuratorskap te plaas.

– Die voormalige hoofbestuurder van Patriot Construction Company (PCC), om wie se kop ‘n bedrogorkaan verlede week losgebars het, het gister volle verantwoordelikheid vir verskeie “verkeerde besluite” by dié staatsmaatskappy aanvaar.

– Meer as ‘n duisend artritislyers in Namibië moet hulle nou tot ander behandeling wend, nadat die middel Vioxx aan die mark onttrek is, aangesien dit chroniese gebruikers se risiko op hartaanvalle en beroertes verhoog.

DONDERDAG 7 OKTOBER 2004

– Die Besturende Direkteur van Legal Shield Namibia, mnr. Quinton van Rooyen, hou vol dat die maatskappy in ‘n uitstekende finansiële posisie is.

– Die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) sê Legal Shield Namibia se weiering om spesifieke aangeleenthede en besorgdhede reg te stel om aan die vereistes van die wet op korttermynversekering te voldoen, het regstreeks aanleiding gegee tot ‘n dringende hofaansoek om die maatskappy onder kuratorskap te plaas.

– Die familie van die Namibiese huursoldaat wat Dinsdag in Harare, Zimbabwe, dood is, is nog nie amptelik van sy dood in kennis gestel nie.

VRYDAG 8 OKTOBER 2004

– Die Namibiese regering van President Sam Nujoma staan saam met drie plaaslike maatskappye met noue Swapo-bande, sentraal in die jongste skandaal wat losgebars het rondom President Saddam Hoesein (foto onder) van Irak se Olie-vir- voedsel-program.

– Prysgeld van N$15 miljoen wat in ‘n lotery gewen is, is die nuutste geelwortel wat voor die neuse van niksvermoedende inwoners van die land gehang word om bedrog te pleeg.

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A