20 jaar gelede
MAANDAG 18 OKTOBER 2004
– Wet en orde en volgehoue onderhandelinge het die naweek geseëvier bo emosionele grondeise en dreigemente van plaasbesettings.
– Die polisie op Gobabis moes die week in alle haas hul kontrole- en beheerstelsels ondersoek ná ’n burgerlike daarin kon slaag om dié instansie vir byna ’n jaar te infiltreer.
– Die Republikeinse Party (RP) het gister in reaksie op die Okozongominja-gebeure te velde getrek teen die houding van die Unie vir Namibiese Plaaswerkers (Nafwu).
DINSDAG 19 OKTOBER 2004
– Swaar wolkbanke het gister oor bykans die hele Namibië saamgepak in ’n voorspel tot die eerste reën van vandag af vir die seisoen.
– President Sam Nujoma het persoonlik in die beskuldigdebank beland in die voorslepende stamtwis in die Noorde weens sy beweerde voortrekkery van die Ondonga-stam en openlike benadeling van die Oukwanyama-stam.
– ’n Ooreenkoms oor aanstaande jaar se mieliepryse sal na verwagting vandag tussen die rolspelers in die bedryf bereik word en die aanduiding is dat dit met sowat 6% gaan daal.
WOENSDAG 20 OKTOBER 2004
– Die eerste mense wat miltsiekte (antraks) opgedoen het, is op Lusu naby Linyanti gediagnoseer nadat dié siekte in Namibië se Caprivistreek versprei het.
– Onderhandelinge tussen die Unie vir Namibiese Plaaswerkers (Nafwu) en die eienaar van die plaas Okozongominja in die Otjiwarongo-distrik sal in die volgende week ’n tweede fase betree.
– ’n Leerling-priester van die Rooms Katolieke Kerk, wat in Namibië bekend staan as broeder Sacorje Christiano Mapoya (42), sit op Omaruru agter slot en grendel.
DONDERDAG 21 OKTOBER 2004
– Die ekonomiese verligting wat die onveranderde petrol- en dieselpryse vir Namibiërs inhou, is tydelik en sal spoedig deur peperduur brandstof en stygende inflasie vervang word, het ekonome gewaarsku.
– Die diplomatieke immuniteit wat ’n kleinseun van ’n Namibiese diplomaat in Suid-Afrika geniet, het meegebring dat hy ’n vry man uit die Pretoria-gevangenis gestap het.
– Die tafel is gedek vir die Namibiese Rugby-unie (NRU) om Saterdag die eindfluitjie vir die slepende probleme in rugby te blaas.
VRYDAG 22 OKTOBER 2004
– Ondeurdagte wysigings op die laaste oomblik aan die wetsontwerp op arbeid sal meebring dat die regering jaarliks ten minste N$200 miljoen aan inkomste uit maatskappybelasting kan verloor.
– Miltsiekte, ook bekend as antraks, het in Namibië se kommersiële landbougebied uitgebreek en Leonardville is onder kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie