No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 25 OKTOBER 2004

– Die gemeenskap van Outjo is in smart gedompel nadat ’n geliefde onderwyseres van dié dorp en haar man die afgelope naweek slagoffers van ’n bloedige gesinsmoord in Windhoek was.

– Die verkiesingsduiwel was Vrydag los en het ’n stokkie voor heelparty voornemende kandidate vir die streekraadverkiesings se ambisie om te registreer gesteek.

– Die ekonomiese geknelde Kubaanse regering van president Fidel Castro gaan ’n viskwota as “solidariteitskenking” van die Namibiese regering ontvang.



DINSDAG 26 OKTOBER 2004

– Die aantal mense in die Caprivi wat antraks opgedoen het, styg steeds en teen gistermiddag was altesaam 11 Namibiërs in ’n spesiale afgesonderde eenheid van die staatshospitaal op Katima Mulilo opgeneem vir behandeling.

– Onbevoegde direksie en bestuur wat die regering in semistaatsinstellings aanstel, kos Namibië jaarliks miljoene en verweer die land se beleggingsbeeld.

– ’n Finale mielieprys vir aanstaande jaar se plaaslike oes sal weens die wisselende brandstofprys eers teen April bekend gemaak kan word.



WOENSDAG 27 OKTOBER 2004

– Die twee oud-Namibiërs wat Vrydag om menslikheidsredes uit die berugte Chikurubi-tronk in Harare vrygelaat is, het nie eers meer huise om na terug te keer nie.

– Die direktoraat van regshulp het tot 1 Desember tyd om ’n prokureur te vind wat bereid is om die verdediging oor te neem van die nege vermeende Caprivi-rebelle wat onlangs weens ’n vertrouensbreuk met hul regsman sonder advies gelaat is.

– Die gort is gaar nadat die voormalige hoofbestuurder van die Ontwikkelingsbrigade-korporasie (DBC) die week vertel het hoe ’n medegetuie hom onlangs gevra het om saam te speel met ’n oënskynlike leuen wat sy ’n maand gelede aan die presidensiële kommissie van ondersoek na dié semistaatsinstelling se doen en late opgedis het.



DONDERDAG 28 OKTOBER 2004

– Nedbank Namibia het gister N$1 miljoen in 11 maatskaplike projekte gestort in een van die grootste plaaslike korporatiewe skenkings in die geskiedenis van die land.

– Die Verkiesingskommissie is besig om onduidelikhede wat deur politieke partye rondom die stemproses vir die komende verkiesings geopper is, uit die weg te ruim.



VRYDAG 29 OKTOBER 2004

– Gemoedsrus is die stadsvaders se Kersgeskenk aan Windhoekers met die amptelike implementering van die stadspolisie wat binnekort ’n werklikheid kan word.

– Die net trek nouer om die reeks voortslepende ongerymdhede by die nasionale telefoondiensverskaffer, Telecom Namibia.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!