No Image Caption

20 jaar gelede

MAANDAG 1 NOVEMBER 2004

– Die finansiële krisis waarmee die visbedryf van Namibië worstel, het een van die grootstes laat knak.

– Namibië se vasberadenheid om verkragtings en vrouemishandeling as euwels in die land uit te roei, was Vrydag deurslaggewend in die Regering se besluit om die diplomatieke immuniteit van ’n kleinseun van ’n Namibiese diplomaat in Suid-Afrika op te hef.

– Die tweespalt in die St. Mary’s Katolieke Kerk in Khomasdal is gister op die spits gedryf met ’n vreedsame betoging voor die toe deure van die kerk.



DINSDAG 2 NOVEMBER 2004

– Onmin in Swapo-geledere op die vooraand van die verkiesing, skeur die party nou van bo tot onder.

– In ’n historiese stap het die Toerisme en Safarivereniging van Namibië (Tasa) die eerste organisasie in Namibië geword wat hom van uitsprake deur ’n aangewysde seremoniemeester gedistansieer het.

– Sowat 30 000 mense is sedert die middel van Oktober teen breinvliesontsteking in die Kavango ingeënt nadat 19 mense dié siekte daar opgedoen het.



WOENSDAG 3 NOVEMBER 2004

– Swapo se administratiewe hoof moes gisternamiddag laat na Okahandja opruk om die vlamme van verleentheid wat op die vooraand van verkiesings in die geledere van die Tuindorp se munisipale raad opgespring het, dood te slaan.

– Die Roads Contractor Company (RCC) wat deur wanbestuur en - administrasie beleër word, staan opnuut voor ’n nuwe interne vertrouenskrisis nadat hardhandige dissiplinêre stappe teen sewe personeellede vroeër vanjaar in die maatskappy se gesig ontplof het.

– Die Namibiese Uitsaaikorporasie se weiering om die onregverdige toedeling van gratis lugtyd vir politieke partye te heroorweeg, het gister daartoe gelei dat vyf van dié partye hulle aan die NBC se verkiesingstaakspan onttrek het.



DONDERDAG 4 NOVEMBER 2004

– Die Regering, skole en matrieks kan volgens die jongste onthullings deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) nie rustig slaap oor die graad 12-uitslae wat onderskeidelik in Desember en Januarie moet verskyn nie.

– Die Regering kan armoede in Namibië aansienlik verlig deur indirekte belasting te verhoog en aan alle inwoners ’n maandelikse toelaag te betaal.

– Sowat 80 werkers op Arandis is werkloos nadat een van die klerefabrieke op die dorp gesluit is.



VRYDAG 5 NOVEMBER 2004

– Meer as 200 eienaars van kommersiële plase in Namibië trek van Maandag af by die landdroshof in Katutura saam vir die begin van die geskiedkundige eerste sitting van die land se waardasiehof vir plaasgrond.

– ’n Lang ry kiesers het gister in Windhoek geduldig in die bloedige son gestaan en wag vir hul beurt om hul kruisies te trek.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!