No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 8 NOVEMBER 2004

– ’n Massa-ontsnapping uit die polisieselle by die belangrikste polisiestasie in Windhoek het Vrydagnag eers aan die lig gekom toe bure van die polisiestasie die dienders daarop gewys het.

– Agribank se regstellende aksie-leningskema het vir die soveelste keer tydelik tot stilstand geruk weens ’n hersieningsproses wat ’n impak gaan hê op die totale eiendomsmark in plaasgrond en die grondhervormingsproses.

– Beesboere in die vier noordelike streke van Oshikoto, Ohangwena, Oshana en Omusati is tot ’n sekere mate onwillig om hul beeste aan die nasionale vleiskorporasie, Meatco, aan te bied weens dit wat hulle beskou as lae pryse.



DINSDAG 9 NOVEMBER 2004

– Namibië se eerste waardasiehof vir kommersiële plaasgrond het te midde van groot belangstelling gister sy werksaamhede in die hoofstad afgeskop.

– Windhoek se munisipale amptenare gaan vanjaar op ’n afskeidsmakietie soos min getrakteer word ná hul harde jaar se sweet.

– Die verkiesingsveldtog in die Noorde het Saterdag ’n hoogtepunt bereik met twee massavergaderings wat naby Oshakati gehou is.



WOENSDAG 10 NOVEMBER 2004

– Die jongste geval van korrupsie by die Ontwikkelingsbrigadekorporasie (DBC) is net ’n maand oud.

– Teenstrydige berigte oor die Palestynse president, mnr. Yasser Arafat, het teen druktyd die rondte gedoen met sommige nuusagentskappe wat sy dood aangekondig het en Palestynse owerhede wat dit ten sterkste ontken het.

– Altesaam 23 ontsnaptes uit die selle by die Wanaheda-polisiestasie was teen druktyd terug in die selle.



DONDERDAG 11 NOVEMBER 2004

– Enige blywende vermoede dat Republikein steeds ’n DTA-gesinde koerant is, is gister die nekslag toegedien.

– ’n Hersiening van die wetsontwerp op arbeid om die Namibiese ekonomie teen ernstige knoue te staal, is moontlik ná ’n dringende gesprek tussen pres. Sam Nujoma en die gesoute sakeman, mnr. Harold Pupkewitz.

– Die Windhoekse motorverkoopsman, Sean Burger, wat twee jaar gelede sy blonde vriendin ná 20 messteke vir dood in ’n plas bloed agtergelaat het, is gister in die hoërhof daaraan skuldig bevind dat hy voornemens was om haar dood te maak.



VRYDAG 12 NOVEMBER 2004

– Windhoekers kan hierdie Kersseisoen veiliger voel met die stadspolisie wat aanstaande Donderdag ’n werklikheid word.

– Sedert onafhanklikwording is verkiesings in Namibië op vreedsame wyse gehou met slegs enkele kleiner voorvalle wat kommer gewek het.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!