No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 15 NOVEMBER 2004

– Die 46-jarige aartsbiskop Liborius Ndumbukuti Nashenda is gisteroggend by die St. Mary’s-katedraal in die hoofstad as aartsbiskop van Namibië ingehuldig.

– Dis D-dag vir Namibiese kiesers wat vandag en môre moet besluit wie die nuwe president en lede van die Nasionale Vergadering is wat hulle die volgende vyf jaar in die land se hoogste wetgewende liggaam moet verteenwoordig.

– Reënweer wat na verwagting tot Donderdag gaan voortduur, sal Namibiërs vandag noop om hul sambrele uit te haal wanneer hulle by die stembus aantree.



DINSDAG 16 NOVEMBER 2004

– Namibiërs het gister, desondanks reënbuie, landswyd na die stembusse opgeruk om hul demokratiese reg uit te oefen.

– Milde reën het die afgelope naweek byna dwarsoor die land voorgekom, maar die verblydendste is waarskynlik die hoë neerslae in die Suide.

– In die verre noordelike gebiede van Namibië is gister flink gestem.



WOENSDAG 17 NOVEMBER 2004

– Dieselfde reënweer wat die afgelope dae ervaar word, kan vir die volgende twee dae verwag word.

– Die stembusse vir die verkiesing van lede van die Nasionale Vergadering en vir Namibië se volgende president het gisteraand om 21:00 gesluit met die aanduiding dat ’n redelike hoë stempersentasie behaal kan word.

– Een van Namibië se grootste sakegeeste, mnr. Harold Pupkewitz, gaan deur die Presidensiële Kommissie van Ondersoek geroep word om ’n string beweerde ongerymdhede met sy oorname van Amcom se vier Toyota-agentskappe te verduidelik.



DONDERDAG 18 NOVEMBER 2004

– Spanning het gisteraand onder verskeie partye oor die tien ure vertraging in die bekendmaking van die eerste verkiesingsuitslae opgebou, terwyl Namibiërs waarskynlik ’n dag langer vir die finale verkiesingsuitslae sal moet wag.

– Groot skade is gister aan die Frans Indongo-sakesentrum op Oshakati aangerig toe ’n brand in die oggendure uitgebreek het.

– “Hierdie reën is definitief normaal,” was gister die woorde van Jennifer Moetie, hoof- weerkundige tegnikus van die weerkantoor.



VRYDAG 19 NOVEMBER 2004

– Windhoek se nooddienste is gistermiddag inderhaas na Acacia Park ontbied om te sien of die kompleks aan veiligheidstandaarde voldoen en of stormwater ’n bedreiging vir die inwoners inhou.

– Die 6,9 persent van die stemme in die presidensiële verkiesing en 1,6 persent van die stemme vir die Nasionale Vergadering-verkiesing was gisteraand laat die bewys van administratiewe onbeholpenheid en chaotiese reëlings wat die sowat een miljoen kiesers die afgelope twee dae gyselaar hou.

Kommentaar

Republikein 2025-01-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 21° | 32° Oshakati: 23° | 29° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 34° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 19° | 23° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!