No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 6 DESEMBER 2004

– Die onheilspellende voorbode van die onsigbare krag wat die President mnr. Sam Nujoma, op sy opvolger, mnr. Hifikupunye Pohamba, sal uitoefen, is uit Swapo se politieke enjinkamer onthul.

– Die oppergesag van die Rooms Katolieke Kerk in die Vatikaanstad sal uitsluitsel moet gee oor die onmin tussen biskop Liborius Ndumbukuti Nasjemda en vader Gert Dominic Petrus.

– Die veteraan politikus van die Monitor Aksie Groep (MAG), mnr. Kosie Pretorius, wat teen alle verwagtinge vir ’n vierde termyn in die Nasionale Vergadering verkies is, sal nie op 21 Maart 2005 sy gebruiklike plek in die Huis inneem nie.



DINSDAG 7 DESEMBER 2004

– Mamba se kind het hopelik sy moses teëgekom nadat hy hom trompop teen ’n bekende boer van Okahandja geloop het.

– Verlof tot appél teen sy vonnis is aan die motorbestuurder en vennoot van Harry Simon toegestaan oomblikke nadat hy in die landdroshof op Swakopmund skuldig bevind is op drie aanklagte wat verband hou met ’n gru-ongeluk drie jaar gelede waarin ’n bekende egpaar gesterf het.

– Die nuwe streekraadslede word vanoggend landswyd ingesweer en die aanduiding is dat minstens vier vroue in die posisie van goewerneur van ’n streek verkies gaan word.



WOENSDAG 8 DESEMBER 2004

– Een van die mees senior en gerespekteerde Kabinetministers, mnr. Helmut Angula, het gister uit die bloute sy bedanking ingedien.

– Verskeie skuiwe op diplomatieke vlak is vroeg in die nuwe jaar die vooruitsig om die Nujoma-erflating vir die komende jare te verseker en die Hidipo Hamutenya-spook in die Ministerie van Buitelandse Sake vir eens en altyd tot ruste te bring.

– Walvisbaai het sy tande vir bandelose besoekers gewys met ’n dreigement van ’n boete van tot N$3 000 of tronkstraf van ses maande of albei vonnisse vir onwettige kampeerders.



DONDERDAG 9 DESEMBER 2004

– Die grensposte tussen Namibië en noordelike buurlande word met arendsoë bewaak nadat ’n ontvoeringsdrama van ’n minderjarige meisie en haar baba van drie maande op Swakopmund ontvou het.

– Terwyl opposisiepartye gister op Gobabis bewyse van verkiesingskonkelary gesoek het, was die regsmasjinerie in Windhoek aan die rol ter voorbereiding van ’n hofaansoek wat waarskynlik Maandag aangehoor sal word.

– Die eerste “swart bemagtigingsveiling” vir die Namibiese jag- en trofeebedryf, is vir ’n onbepaalde tyd uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-12-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 22° | 36° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 23° | 33° Gobabis: 24° | 34° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 15° | 22° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 24° | 41° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 19° | 38° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 23° | 36° Maputo: 24° | 41° Windhoek: 23° | 33° Cape Town: 16° | 21° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 23° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 23° | 38° Harare: 21° | 36° #REF! #REF!