No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 13 DESEMBER 2004

– Flinke optrede deur die polisie se Eenheid vir Ernstige Misdaad en die mag se voorstaandienste het Vrydagmiddag binne ’n halfuur ’n vermeende roof- en moordbende vasgetrek.

– Twee politieke partye en hul leiers gaan vandag die Hoërhof versoek om die Verkiesingskommissie opdrag te gee om die dokumente rakende die verifiëring van stembusse en stembriewe van die afgelope presidensiële en nasionale verkiesings beskikbaar te stel.



DINSDAG 14 DESEMBER 2004

– Die Hoërhof het gister die Verkiesingskommissie (ECN) ondanks sterk teenkanting tot môreoggend tyd gegee om hulle behoorlik voor te berei op die Congress of Democrats (CoD) en Republikeinse Party (RP) se dringende aansoek dat volledige rekords van die presidensiële en nasionale verkiesings vandag blootgelê moes word.

– Die ontsnapping van verhoorafwagtendes uit die land se polisieselle het kinderspeletjies geword as mens na die drama kyk wat gister voor die polisiekantoor in Windhoek afgespeel het.

– Met die aanbreek van die vakansieseisoen is die gepaardgaande slagting op die land se hoofroetes na die kus en ander tradisionele vakansiebestemmings vanaf ministeriële vlak aangespreek.



WOENSDAG 15 DESEMBER 2004

– ’n Jong pa van twee kinders het twee maande voor sy troue gesterf en ’n historiese gebou op Usakos is verwoes toe ’n voortsnellende vragdraer laat Maandagmiddag ’n grusame toneel op Usakos geskep het.

– Spanning op twee fronte dreig om breekpunt te bereik op Walvisbaai waar ’n werkersmag van meer as 530 alle produksie by die visfabrieke Blue Ocean Products en Cadilu Fishing tot stilstand gedwing het.

– Namibië en Mosambiek, as lede van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), is toegewyd aan die bevordering van politieke en ekonomiese integrasie in die substreek.



DONDERDAG 16 DESEMBER 2004

– Die Congress of Democrats (CoD), die Republikeinse Party (RP) en hul leiers sal vandag hoor of die Verkiesingskommissie volgens wet verplig is om afskrifte van die uitslae van die presidensiële en nasionale verkiesings en opgawes van stembriewe soos van die verskillende kiesafdelings en stemlokale ontvang, aan hulle beskikbaar te stel, al dan nie.



VRYDAG 17 DESEMBER 2004

– Die Eerste Minister, mnr. Theo-Ben Gurirab, het gister die idee van die afskaffing van die Nasionale Raad van die tafel gevee.

– Huishoudelike geweld is die spil waarom talle wreedhede op die polisie se jongste misdaadverslae draai.

– Die koms van nog ’n groot uraanmyn in die Namib lyk gewis.

Kommentaar

Republikein 2024-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 22° | 37° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 23° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 36° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 20° | 34° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 18° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 18° | 35° Mariental: 19° | 36° Keetmanshoop: 14° | 32° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 18° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 12° | 31° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 15° | 20° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!