20 jaar gelede
MAANDAG 17 JANUARIE 2005
• Met die son wat dreig om onder te gaan oor die Namibiese visbedryf, word alles nou in die stryd gewerp om arbeidsverhoudinge te verbeter ná ’n vlaag van onrus sedert die einde van verlede jaar. Een fabriek het reeds sy deure gesluit en talle rolspelers in die bedryf erken dat 2004 een van die taaiste jare nog was en dat vooruitsigte vir vanjaar ook nie veel belofte inhou nie.
• Met die heropening van skole môre, is ’n waarskuwing aan alle skole gerig om leerlinge nie toelating te weier op grond van hul ouers se onvermoë om skoolgeld vooruit te betaal of skooluniforms aan te skaf nie.
DINSDAG 18 JANUARIE 2005
• Die Verkiesingskommissie van Namibië het gister kennis gegee dat hy die verkiesingspetisie wat deur die Congress of Democrats (COD) en die Republikeinse Party (RP) na die hof gebring is, sal teenstaan.
• Elke Namibiese leerling sál en moet plek in skole kry. Dit is die versekering van die Minister van Basiese Onderwys, mnr. John Mutorwa, aan ouers en hul kinders wat sedert verlede week in lang rye by skole vir toelating wag.
WOENSDAG 19 JANUARIE 2005
• ’n Jong moeder wat op die eerste dag van die nuwe skooljaar haar plek in die klaskamer by Windhoek Hoërskool (WHS) geweier is, kan in die volgende dae regsgeskiedenis maak. Die ouers van die meisie wat gister ingelig is dat sy nie haar graad 12-jaar kan voltooi nie omdat sy in November geboorte gegee het, gaan vandag met hul prokureurs onderhandel om ’n hofbevel teen die beweerde ongrondwetlike optrede aan te vra.
• ’n Totale gebrek aan skoolbanke en handboeke kon op die eerste dag van die skooljaar nie die gees van sowat 300 kinders van die R5-plakkerskamp buite Okahandja demp nie.
DONDERDAG 20 JANUARIE 2005
• Die groep Namibiërs wat in die Chikurubi-tronk in Harare vonnisse uitdien vir oortredings in Zimbabwe weens ’n beweerde staatsgreep in Ekwatoriaal-Guinee, wat blykbaar verlede jaar skeefgeloop het, kan binne dae met hul families herenig wees.
• Landswye reën duur voort. Goeie neerslae is gisteroggend by die Namibiese weerkantoor aangemeld en voorspellings vir goeie buie word steeds voorspel.
VRYDAG 21 JANUARIE 2005
• Met sowat 400 ton marsbanker wat in die diepsee teenoor Möwebaai aan boord die Coronella by die aflaaikaai van United Fishing aangekom het, het die pelagiese seisoen gisteroggend op Walvisbaai ’n aanvang geneem midde ’n somber gevoel dat die visnywerheid weer ’n laagtepunt bereik het.
• Die geloofwaardigheid van die verkiesingsproses en diegene wat daarby betrokke was, is ernstig in die gedrang vanweë ondermeer die stembriewe wat in die veld naby Okahandja aangetref is en ander daaropvolgende gebeure.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie