20 jaar gelede
MAANDAG 24 JANUARIE 2005
– ’n Vermeende dief wat verlede jaar sy rieme styfgeloop het toe hy in Academia, Windhoek, wou inbreek en ’n buurman hom in die gesig geskiet het, staar nou ’n veel ernstiger aanklag as poging tot huisbraak en poging tot moord in die gesig.
– Pasiënte van privaat hospitale is in vir ’n skok wanneer hulle voortaan hul hospitaalrekeninge kry, met tariewe vir teatertyd wat met 114 persent gestyg het.
– Die invoer van “ou” tweedehandse motorvoertuie uit Japan was einde verlede jaar besig om Namibië se totale mark in tweedehandse voertuie te oorheers.
DINSDAG 25 JANUARIE 2005
– Verskeie Namibiese vervoerkontrakteurs sit sedert die naweek met hul hande in die hare met minstens 20 swaar vragmotors wat op Upington in Suid-Afrika in beslag geneem is.
– Droër weerstoestande word vandeesweek verwag met die uitsondering van die verre Noordooste (Caprivi) waar enkele buie kan voorkom.
– Met een oog op die potensiaal van markte in die Ooste konsentreer die visnywerheid op Walvisbaai op marktendense in die tradisionele Europese mark.
WOENSDAG 26 JANUARIE 2005
– Windhoekers moet voorlopig gewoond raak aan die hoofstad se drinkwater wat weer ’n vreemde klankie en snaakse smakie het en voorlopig ’n jaarlikse instelling veral tydens die reënseisoen gaan bly.
– ’n Groothandelaar in die plaaslike drankbedryf is gereed om kaalvuis in te klim onder die Suid-Afrikaanse verspreiders van die goedkoop witwyn Kaalgat.
– Die Wüstenquel-roof van Oktober 2004 het ‘n nuwe kinkel gekry toe ‘n vermeende verdagte verlede week klagte van ontvoering en aanranding teen die eienaar van dié bekende gasteplaas naby Karibib, mnr. Hubert Kaspari, gelê het.
DONDERDAG 27 JANUARIE 2005
– ‘n Sakeman van Oshakati wat vroeër die maand in hegtenis geneem is in verband met die transitoroof wat in Desember buite Windhoek plaasgevind het, mnr. Elikana Grun Nghimwena (32), oorweeg om die polisie te dagvaar nadat hy na bewering deur ondersoekbeamptes gemartel is.
– ‘n Gesin van Windhoek se verset teen die staat se beleid dat tienerma’s ’n jaar uit die skool moet bly ná hul geboorte gegee het, word vanoggend op die spits gedryf met ‘n dringende aansoek in die Hoërhof.
VRYDAG 28 JANUARIE 2005
– IGCSE-kandidate het in 2004 die afgelope jare se tendens van ’n stelselmatige verbetering in die algehele slaagsyfer in hierdie been van die graad 12-eksamens voortgesit.
– Nuwe riglyne oor die intreesalarisse van onderwysers het reeds ‘n klomp onderwysers die harnas ingejaag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie