20 jaar gelede
MAANDAG 14 FEBRUARIE 2005
– Walvisbaai se burgemeester staar vervolging weens aanranding in die gesig.
– Die vegtende vroue van Walvisbaai is gereeld gewaarsku dat hulle met King Muatunga Mandume te make het.
– “Here, maak oop die oë van die leiers in ons Regering.” Dit was die gebed gister in Katutura toe sowat vyfhonderd mense by die ou Henadawa-flieksaal in dié woonbuurt saamgekom het om hul skok en afgryse te kenne te gee ná die gruverkragting en moord op die vierjarige Manuella Sofia “Tukana” //Hoesemas.
DINSDAG 15 FEBRUARIE 2005
– Daar gaan in die hoogste wetgewende gesagsliggaam, die Parlement, na oplossings gesoek word vir die vlaag moorde en verkragtings op vroue en kinders wat die land in ’n wurggreep het.
– Gebed en opmarste is nie genoeg nie, daar moet veel meer gedoen word om die toename in geweld teen vroue en kinders in die land stop te sit.
– Word sy voorspelling waar, het Namibië teen die einde van die week tussen 50 en 60 persent kans om goeie neerslae te ontvang.
WOENSDAG 16 FEBRUARIE 2005
– Die grondwetlikheid en wettigheid rondom die aanstelling van die dertien goewerneurs na die afgelope streekraadverkiesing, word nou deur die Swapo-leierskap bevraagteken.
– ’n Maning tot versigtigheid is gistermiddag deur die weerkantoor uitgereik toe swaar donderbuie oor die noorde, noordweste en sentrale deel van die land uitgesak het.
– ’n Krisis woed in Swapo en die verdeeldheid in die regerende party is gister opnuut op die voorgrond gedruk.
DONDERDAG 17 FEBRUARIE 2005
– Die nasionale beleid oor eiendomsreg van grond in Namibië is uiteindelik aanvaar.
– Die skoolhoof van Windhoek Hoërskool het gister die tienerma wat haar tot die Hoërhof gewend het om ’n plek in Graad 12 te kry se aansoek om toelating opnuut van die hand gewys.
– In ’n buitengewone stap moes die Speaker van die Nasionale Vergadering, dr. Mosé Tjitendero, gister ’n verslag van ’n parlementêre portefeuljekomitee terugverwys na die komitee, ná byna al die aanbevelings van die komitee verwerp is.
VRYDAG 18 FEBRUARIE 2005
– ’n Onderwyser van Okahandja wat verlede jaar tot 40 jaar tronkstraf gevonnis is vir die verkragting van twee agtjarige meisies, het appèl teen sy vonnis aangeteken.
– Namibië se toerismepad van omstredenheid in die onherbergsame Namibwoestyn is weer in die nuus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie