20 jaar gelede
MAANDAG 14 MAART 2005
– Die oortel van stemme in die verkiesing van lede van die Nasionale Vergadering het gister nege ure later as beplan afgeskop, terwyl verteenwoordigers van die RP en CoD met nog regstappe rondom die telproses by die Windhoek-skougronde dreig.
– Namibië se nasionale lugredery Air Namibia sprei binnekort sy vlerke om benewens die vlugte na Frankfurt, ook passasiers tussen Windhoek en Londen te vervoer.
DINSDAG 15 MAART 2005
– Namibië se voorste kampvegter vir menseregte is gister daarvan beskuldig dat hy ’n “moffie” is en dat hy vir Tony Blair by die Verkiesingskommissie se oortellery verteenwoordig.
– Sedert Vrydag sit Namibië sy beste voetjie voor by die Internasionale Toerismeskou (ITB) in Berlyn en volgens alle aanduidings werk die land se bemarkingstrategie uitstekend.
– Nagenoeg 1 000 onderwysers sal na verwagting aan vanmiddag se protesoptog deur die hoofstad se strate deelneem.
WOENSDAG 16 MAART 2005
– Verwarring, erger as dié van Babel, woed in Namibië se hoofstad op die vooraand van een van die land se geskiedkundigste oomblikke, die 15de onafhanklikheidsfees en die oordrag van die presidentskap.
– Ontstoke onderwysers beplan vandag ’n tweede opmars na die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur – dié keer, volgens voorlopige beplanning, in skooltyd.
– Met nog net een dag oor om hul eie doelwit te haal, moes die Verkiesingskommissie gister nog 68 kiesafdelings se stemme oortel.
DONDERDAG 17 MAART 2005
– Die enigste seun van die vermoorde Erasmus-egpaar is as medepligtige op Mariental in aanhouding.
– Namibië se weermag (NDF) staar ’n krisis in die gesig.
– Verskeie beskuldigdes wat tussen 1997 en 2001 by die beweerde bedrogskema van N$6,3 miljoen in die Namibiese weermag betrokke was, is die week regshulp geweier.
VRYDAG 18 MAART 2005
– Namibiërs kan so vroeg as Maandag reeds weet wie die nuwe kabinet is wat die land onder die presidensie van mnr. Hifikepunye Pohamba sal lei.
– Die Congress of Democrats (CoD) en Republikeinse Party (RP) aanvaar nie die uitslag van die oortellery van die Nasionale Vergadering (NV) -verkiesing nie, maar sal wel hul setels Sondag inneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie