No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 21 MAART 2005

– Openbare vakansiedag



DINSDAG 22 MAART 2005

– Die nuwe President, mnr. Hifikepunye Pohamba, het gister in sy intreerede die komende vyf jaar as ’n geleentheid beskryf om die fondament wat reeds vir vrede, eenheid, versoening en ontwikkeling gelê is, verder te verstewig.

– Drie Windhoekers, onder wie ’n tweejarige meisietjie, het waarskynlik op wonderlike wyse aan die dood ontkom.

– Naweekgangers het Sondagaand hul goedjies gepak en huis toe gegaan toe ’n krag- en waterlose Hentiesbaai haas onleefbare toestande geskep het.



WOENSDAG 23 MAART 2005

– Water van die Visrivier het Maandagmiddag bietjies-bietjies verby Ai-Ais begin kruip ná dit in vloed was én die Hardapdam met miljoene liter water gevul het.

– Die amptelike opposisie, die Congress of Democrats (CoD) het sy teleurstelling uitgespreek oor die grootte van die Kabinet en meen Pres. Hifikepunye Pohamba het ’n gulde geleentheid deur sy vingers laat glip om ’n verkleinde Kabinet aan te stel.

– Alle oë is in die Erongostreek op die Omarururivier nadat ’n sterk stroom Maandag by die pompstasie Nai-Nais as waterbron van Uis verby is.

– “Ek is bekommerd oor die morele agteruitgang in ons samelewing. Die Katutura-hospitaal het veral met maandeindes sy hande vol om mense wat aangerand is, geskiet is of in motorongelukke was omdat hulle te veel gedrink het, te verpleeg.”



DONDERDAG 24 MAART 2005

– Die Unie vir Namibiese Voedsel en verwante Werkers (Nafau) is besig om Ramatex en sy filiale landuit te skinder en nou staar sowat 11 000 werkers moontlike afdankings in die gesig.

– Grootfontein se landdros moes Dinsdagmiddag vir sy lewe vlug toe ’n beskuldigde wat hy pas gevonnis het met ’n skerp voorwerp op die regsbank afgestorm het.

– Die Republikeinse Party (RP) en Congress of Democrats (CoD) win regsadvies in met die oog op verdere stappe rondom die Verkiesingskommissie se hantering van die afgelope verkiesing en die resultate van die oortel van stemme.

– Nampost het Dinsdag ’n spesiale seël uitgereik om die inhuldiging van Pres. Hifikepunye Pohamba te herdenk.



VRYDAG 25 MAART 2005

– Openbare vakansiedag (Paasnaweek)

Kommentaar

Republikein 2025-03-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer