No Image Caption

20 jaar gelede

Mandy Rittmann
MAANDAG 4 APRIL 2005

– Honderde Katolieke in Windhoek het gisteroggend oudergewoonte gereed gemaak om een van die drie heilige miste in die St. Mary’s katedraal in die middestad by te woon – sommige steeds salig onbewus daarvan dat pous Johannes Paulus II Saterdagaand in die Vatikaanstad in Rome dood is.

– Rooi gesigte was Vrydag in die rondte toe vele lesers van Republikein onkant gevang is met die April-gek blufstorie oor Etosha op die voorblad.

– Die Mondesa-woonbuurt van Swakopmund het ’n plek van vrees geword waar bendes mense tot hul huise inperk.



DINSDAG 5 APRIL 2005

– Rhino Garments het finaal besluit om sy deure die einde van die maand te sluit wat meebring dat minstens 2 000 fabriekswerkers op straat sit.

– President Hifikepunye Pohamba open vandag die eerste sitting van die vierde Parlement met die aanwysing van genl.maj. Charles Dickson Ndaxu Namoloh, mnr. Paul Smit en me. Rebecca Ndjoze-Ojo as sy eerste drie genomineerde Kabinetslede.

– Die rantsoenering van elektrisiteit was Vrydag ’n moontlikheid toe NamPower bekend gemaak het dat hy probleme met die voorsiening van elektrisiteit aan die land ondervind.



WOENSDAG 6 APRIL 2005

– Regrukmaatreëls om wanpraktyke uit te roei en uitbuiters van die staat se mediesefonds (Psemas) met meer as 120 000 lede voor die voet vas te vat, is onderweg.

– Die euwels van korrupsie en nepotisme het sy kop in die Hardapstreek uitgesteek en die goewerneur me. Katrina Hanse staan in die beskuldigdebank.



DONDERDAG 7 APRIL 2005

– Die belofte van ’n goeie najaar vir boere is gister versterk met goeie landswye neerslae, terwyl die land se grootste besproeiingsdam nou water hou wat die boere in die spoelgebied vir minstens twee seisoene aan die gang kan hou.

– Die gevegslyne is getrek tussen die private sakesektor as dryfveer van die Namibiese ekonomie en die Regering oor die nuwe Arbeidswet wat van vandeesmaand af stelselmatig geïmplementeer gaan word.

– Nando’s se terugslag met die kontantgestremde Namibia Chicken Investments (NCI) wat in likwidasie geplaas is, gaan die groep nie stuit om koning in die plaaslike kitskosbedryf te kraai nie.



VRYDAG 8 APRIL 2005

– Namibiese bier, lank reeds die trots van die dorsland, het weer bewys daar moet ver gesoek word vir ’n beter sopie as ’n Windhoek-bier.

– ’n Sterk boodskap is gister aan lede van die staatsdiens se mediese skema gestuur dat die gordel nou stywer getrek moet word in ’n poging om die reuse-koste van dié voordeel aan werknemers van die staat te beperk.

– Die sage rondom die gordyndrama van die goewerneur van die Hardapstreek, me. Katrina Hanse, is gister weer op die voorgrond gedryf met briewe oor die aangeleentheid wat na Republikein gestuur is.

Kommentaar

Republikein 2025-04-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer