2022 opgesom met v-woorde
Uit respek vir die feit dat hierdie ’n gesinskoerant is en om te wys ek kan onderskeid tref tussen ’n ‘vee’ en ’n pompie-f, wil ek soos gebruik van die media aan die einde van die jaar van Onse Heer 2022 in twee hande vol woorde opsom.
Ek is trots om te sê dit is woorde wat gepubliseer kan word sonder ’n ouderdomsbeperking en heel gesinsvriendelik is. Ek moet egter bieg dat elkeen van die v-woorde in my gedagtes en stilligheid en wel, dikwels ook ten aanhore van die wat my ruimtes deel, ondersteun word deur ’n woord wat begin met ’n pompie f.
Vir nou wil ek die woorde verwoestend en vuisvoos op my voorkop plak en op ’n T-hemp laat druk hoewel dit in my bene en siel ingegraveer is soos ’n halsstarrige tatoe.
Vuisvoos, verslae, vergeet, verslaan, vergal, vark, verwoestend, vergaan, verniet, vervreemd.
My lysie is dus ietwat korter as die res van die media s’n wat frases soos Armageddon, Londen Bridge en pap blaarslaai as die woorde wat die jaar 2022 beskryf.
Met die oorlog in Oekraïne en president Vladimir Putin wat toenemend striemende dreigemente die wêreld instuur, berig News24 kruip die onweerswolke van ’n moontlike kernoorlog al hoe nader.
Volgens die Amerikaanse president Joe Biden het die wêreld nog nie sedert Kennedy en die Kubaanse missielkrisis in 1962 die vooruitsig van Armageddon in die gesig gestaar nie. En nee, Bruce Willis gaan die wêreld dié keer nie kan red nie.
Dit was ook die jaar waarin die wêreld se gunsteling-ouma en Bond-meisie ná die langste heerskappy as monarg in Britse geskiedenis uiteindelik haar ewige en verdiende rus gekry het.
Nog voor sy haar laaste asem uitgeblaas het, inteendeel, reeds jare vantevore, het operasie London Bridge reeds uitgestip wanneer gebeur wat en hoe die dag wanneer koningin Elizabeth II te sterwe sou kom. Onder die kodenaam Londen Bridge is selfs die kleinste besonderheid of die protokol vir die dae van rou en haar begrafnis uitgestip.
Dis moeilik om te dink in ’n sogenaamde verligte en moderne wêreld in pas met vooruitgang is daar iets soos moraliteitspolisie. Vir vroue in Iran is dit egter ’n werklikheid, met die slagspreuk “Woman. Life. Freedom” wat oor die wêreld en in die gange van 2022 weerklink het ná die dood van Mahsa Amini wat deur dié polisie in Tehran in hegtenis geneem en daarna dood is.
En dan was daar Elon Musk en sy oorname van miljarde Amerikaanse dollar van Twitter en die absolute chaos wat op dié sosiale media losgebars het. Die oorname is gekenmerk deur die “blue tick” wat wys jy is ’n Twitter-gebruiker. Musk was vasbeslote om sy kleim af te steek en het aangekondig enige persoon wat dié gesogte blou regmerkie wou hê, moes eers ’n paar dollars (Amerikaans) opdok. Die feit dat duisende werkers besluit het om Musk en sy regmerkie vaarwel te roep, laat mense egter wonder hoe lank die platform nog gaan bestaan.
News24 berig ook oor Brittanje en Australië se gewildste woorde vir die jaar en ek kan met eie gesag sê dit is beslis hier ter plaats ook die geval. Om stil-stil die blote minimum by die werk te doen, of as protes teen jou werkgewer of om ’n desperate balans tussen jou werk en jou persoonlike lewe te vind, is “quiet quitting” vir vele oraloor in die wêreld dié frase wat hul 2022 beskryf. Die neiging het sy eerste verskyning in ’n plasing op TikTok vroeër vanjaar gemaak wat byna deur ’n halfmiljoen mense gedeel en ondersteun is.
In Brittanje is die voormalige eerste minister Liz Truss se kortstondige ampstydperk van 44 dae rofweg vergelyk met die “raklewe van ’n blaarslaai”, met laasgenoemde wat op die ou einde langer as Lizz vars en op die rak gebly het.
Laaste maar nie die minste nie word 2022 gedefinieer deur wel, tamatiesop met sogenaamde groen betogers wat tamatiesop op Vincent van Gogh se skildery van sonneblomme in Londen se nasionale kunsgalery gegooi het. So ook ontstoke klimaataktiviste wat fyngemaakte aartappels op ’n Claude Monet gesmeer het. Tamatie, blaarslaai of aartappels – my v-woord vir 2022 – verlep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie